Menu terloops

The Responder S1

Op Showmax [Gepubliseer op 1 Aug 2022]


Martin Freeman is ’n polisiebeampte wat sukkel om kop bo water te hou in die BBC One-reeks ‘The Responder’, nou op Showmax.

Kyk nou

The Responder S1
Kyk lokprent

Martin Freeman (The Hobbit-trilogie, Fargo) lewer uithalerspel in die BBC One-drama, The Responder. Hy speel Chris Carson, ’n polisiebeampte wat sukkel om kop bo water te hou.

Die reeks speel in Liverpool af en die draaiboek is deur ’n voormalige polisiebeampte van dié stad, Tony Schumacher, geskryf. Volgens Schumacher is die vyfdelige reeks fiktief, hoewel dit wél geïnspireer is deur die uitdagings wat hy deur die loop van sy loopbaan teëgekom het.

Die storie volg Carson terwyl tydens die nagskof aan diens is. Ons sien hoe hy telkens tot op die rand van ’n senu-ineenstorting gedruk word. 

Buiten die bekroonde Freeman, sluit die rolverdeling ook vir Adelayo Adedayo, Ian Hart en MyAnna Buring in.

The Guardian is vol lof vir The Responder en skryf dat dit “so vinnig en meesleurend as ’n riller, en so aangrypend soos ’n dokumentêr” is. 

The Responder het ’n punt van 100% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes.

Vanaf 1 Augustus op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Augustus 2026

Die waarheid oor ’n dokter lei tot ’n dramatiese wending en Joe is desperaat om vrae oor sy identiteit te beantwoord. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer
Sien alle opsies