Menu terloops

The Rehearsal S1

Op Showmax [Gepubliseer op 10 Okt 2022]


‘The Rehearsal’ is ’n doku-komediereeks wat mense as’t ware die geleentheid gee om vir spesifieke situasies te “oefen”.

Kyk nou

The Rehearsal S1
Kyk lokprent

The Rehearsal kyk na als wat een man sal doen om die onsekerhede van die alledaagse lewe te verminder. Met ’n konstruksiespan, ’n legio akteurs, en oënskynlik onbeperkte hulpbronne, laat Nathan Fielder (How To With John Wilson) gewone mense toe om vir die lewe se grootste oomblikke voor te berei deur in simulasies daarvoor te “repeteer”.

Dié eiesoortige doku-komediereeks is ’n treffer onder kykers én kritici. Dit het ’n 9/10-gradering op IMdb en ’n 93% kritici-gradering op Rotten Tomatoes. HBO het dit reeds vir ’n tweede seisoen hernu.

Vanity Fair het dit “so boeiend en bisar soos die lewe self” genoem.

The Rehearsal is vanaf 10 Oktober beskikbaar om op Showmax te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies