Menu terloops
In Wat om te kyk [5 Nov 2021]

The Pursuit of Love


In ‘The Pursuit of Love’, nou op Showmax, maak ons die avonture van twee beste vriendinne se soeke na liefde mee.

Kyk nou

The Pursuit of Love
Kyk lokprent

Hierdie BBC-minireeks speel af tussen die twee Wêreldoorloë en vertel die verhaal van die vreeslose Linda Radlette en haar beste vriendin en niggie, Fanny Logan, wat op soek is na die ideale man. Dit is ’n verwerking van Nancy Mitford se roman wat reeds in 1945 verskyn het en ons sien Lily James (War & Peace, Downton Abbey, Mamma Mia!) in die rol van Linda, terwyl die Cannes-filmfees beste aktrise-wenner, Emily Beecham (Into the Badlands, Little Joe), die rol van Fanny vertolk.

Ook in die rolverdeling is Andrew Scott (Fleabag) en die BAFTA-wenner Dominic West (The Crown, The Affair).

Die aktrise Emily Mortimer (Mary Poppins Returns, Lars and the Real Girl, Match Point) maak haar debuut as regisseur.

The Pursuit of Love het ’n 87% puntetelling op Rotten Tomatoes en die London Evening Standard skryf “dis die mees genotvolle periode drama in jare, ’n liefdesbrief aan vroue wat meer wil hê en die viering van die reg om anders te wees. Nancy Mitford sou tevrede wees”.

The Guardian het dit vyf sterre gegee en dit ’n reeks genoem wat reeds klassieke-status verkry het. Rolling Stone reken “dit beter die eerste van verskeie regisseurs-rolle vir Emily Mortimer wees. Wat ’n vreugde is The Pursuit of Love nie!”.

Kyk The Pursuit of Love op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies