Menu terloops

The Pembrokeshire Murders S1

Op Showmax [Gepubliseer op 1 Mei 2022]


‘The Pembrokeshire Murders’ is ’n senutergende Britse misdaaddrama wat op ’n ware verhaal gegrond is.

Kyk nou

The Pembrokeshire Murders S1
Kyk lokprent

The Pembrokeshire Murders is ’n senutergende Britse misdaaddrama. Dit dramatiseer die werklike 2006-ondersoek na twee onopgeloste moordsake wat met ’n reeks inbrake in die 1980’s verband gehou het.

Luke Evans (Anna), vertolk die nuut bevorderde speursuperintendent Steve Wilkins. Hy sit alles in om bewyse teen ’n vermeende reeksmoordenaar, sy hoofverdagte, in te samel voordat hy uit die tronk vrygelaat word.

Die reeks het ’n 82% kritici-gradering op Rotten Tomatoes, met The Guardian wat sê: “The Pembrokeshire Murders is ’n perfekte voorbeeld van hoe om dit goed te doen. Dit is sensitief wanneer dit moet wees, en verloor nooit uit die oog wie gely het nie.”

Vanaf 1 Mei op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies