Menu terloops

The North Water

Op Showmax [Gepubliseer op 1 Mei 2022]


‘The North Water’ is ’n dramareeks met Jack O’Connell en Colin Farrell in die hoofrolle.

Kyk nou

The North Water
Kyk lokprent

The North Water is gegrond op Ian McGuire se bekroonde 2016-roman.

Die reeks het ’n 95% kritici-gradering op Rotten Tomatoes, met Globe and Mail wat sê: “Dit is dalk (Colin) Farrell se beste werk nog. Sy Drax is ’n geloofwaardige monster van ’n man, onbeskaafd in denke en optrede.”

The North Water speel in 1859 af en volg die oud-weermagchirurg Patrick Sumner (Jack O’Connell), wat as skeepsdokter op ’n walvis-ekspedisie na die Noordpool gaan. Die felheid van die elemente word deur die geweld van sy skeepsmaats, hoofsaaklik Colin Farrell se Drax, geëwenaar. Eers later word die ware doel van die ekspedisie duidelik…

Vanaf 1 Mei. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies