Menu terloops

The Morning Show S1-3

Op Ander [Gepubliseer op 13 Sep 2023]


‘The Morning Show’ draai om die survival of the fittest-wêreld van TV-nuus.

The Morning Show S1-3

Jennifer Aniston en Reese Witherspoon lewer reeds vir drie seisoene uithalervertolkings in die bekroonde dramareeks, The Morning Show

Die reeks, wat reeds vir ’n vierde seisoen hernu is, draai om die survival of the fittest-wêreld van TV-nuus. Veral om mornings shows wat ’n groot deel van Amerikaanse se oggendkultuur en nuusinname is. 

In die derde seisoen is die voortbestaan van die TV-netwerk in gedrang en die spanning loop hoog as ’n tech giant dan daaraan dink om die netwerk te koop. (Klink dit dalk bekend…?? Kuggie.) Heel onverwagte alliances word gesluit en niemand se geheime is meer veilig as dit jou ’n tree voor iemand anders kan sit nie. Dis mos ’n cutthroat wêreld dié. Een wat wel almal mettertyd dwing om hul kernwaardes – binne en buite die nuuskantoor – in oënskou te neem.

Aniston is op haar beste in The Morning Show. Steve Carell, Billy Crudup en Mark Duplass maak ook deel uit van die besonderse rolverdeling.


Die derde seisoen van The Morning Show is vanaf 13 September 2023 op Apple TV+. Seisoen 1-2 is ook op Apple TV+ beskikbaar om te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies