Menu terloops

The Midwich Cuckoos S1

Op Showmax [Gepubliseer op 5 Mei 2023]


John Wyndham se gewilde wetenskapfiksieboek ‘The Midwich Cuckoos’ uit die 1950’s word in dié gelyknamige reeks as ’n hedendaagse gruwelreeks herverbeel.

Kyk nou

The Midwich Cuckoos S1
Kyk lokprent

The Midwich Cuckoos is ’n hedendaagse herverbeelding van John Wyndham se gelyknamige klassieke wetenskapfiksieboek. Wyndham se storie is reeds bekend aan gruwelliefhebbers as die fliek Village of the Damned (1960). In 1995 is dié fliek dan ook herverwerk deur die sogenaamde meester van die gruwelgenre, die regisseur John Carpenter.

Dié iterasie van Wyndham se verhaal is egter die eerste keer wat dit in ’n langer reeksformaat herverbeel is.

Die storie speel af in die stil Engelse dorpie van Midwich. Niks veel gebeur hier nie – tot een somersaand as ’n raaiselagtige verduistering oor die dorp toesak en Midwich se vroue skielik – en onverklaarbaar – swanger laat.

The Midwich Cuckoos bestaan uit sewe episodes met die rolverdeling wat onder andere die BAFTA-benoemde Keeley Hawes en Max Beesley insluit. 


Binge episodes 1-3 vanaf Vrydag, 5 Mei 2023, op Showmax. Daarna word twee episodes weekliks beskikbaar gestel. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies