Menu terloops

The Last of Us S1-2

Op Showmax [Gepubliseer op 22 Apr 2025]


Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).

Kyk 'The Last of Us' op Showmax

The Last of Us S1-2

Pedro Pascal en Bella Ramsey keer terug vir die tweede seisoen van die bekroonde – en briljante –  post-apokaliptiese drama, The Last of Us.

The Last of Us, gegrond op die gewilde en gelyknamige videospeletjie, se eerste seisoen het verlede jaar etlike toekennings opgeraap, waaronder agt Emmys. Die tweede seisoen speel af sowat vyf jaar ná die gebeure van die eerste seisoen met Joel (Pascal) en Ellie (Ramsey) se verhouding wat deur donker dieptes gaan soos die wêreld om hulle selfs meer gevaarlik en onvoorspelbaar as voorheen word.

Rozanne Els skryf in haar resensie: “Die reeks word wyd beskou as die beste verwerking van ’n videospeletjie – TV én film – en dié seisoen bied selfs meer van daardie toorkrag, veral wat die uitnemende visuele effekte en kinematografie betref. Daar is ook dele van dié seisoen wat die videospeletjie skoot vir skoot volg. Só verhef Mazin, ’n TV-veteraan ook bekend vir die angstige Chernobyl, en Druckmann, skrywer-regisseur van die videospeletjies, dié seisoen tot ’n volgende vlak. Een waar die intensiteit van die visuele vertelling in absolute akkoord is met die verhaal se emosionele polsslag. Die vertelling het, soos Ellie, grootgeword.”


Kyk albei seisoene op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies