Menu terloops

The Last Blue Ride: The Hannah Cornelius Story

Op Showmax [Gepubliseer op 6 Apr 2022]


‘The Last Blue Ride: The Hannah Cornelius Story’ is ’n Showmax Original-dokkie wat draai om die verkragting en moord van Hannah Cornelius in 2017.

Kyk nou

The Last Blue Ride: The Hannah Cornelius Story
Kyk lokprent

Showmax se nuwe waremisdaad-dokkie, The Last Blue Ride: The Hannah Cornelius Story, vertel oor ’n verkragting- en moordslagoffer se laaste ure voordat sy doodgemaak is.

Hannah Cornelius en haar vriend, Cheslin Marsh, beide Maties-studente op Stellenbosch, is op 27 Mei, 2017 buite Cheslin se woonstel in haar blou Citi Golf aangerand. Cheslin het erge kopbeserings opgedoen, maar het wonderbaarlik oorleef nadat hy vir dood agtergelaat is. Hannah is egter in haar Golfie ontvoer, en later om die beurt verkrag en wreed vermoor.  

Die fliek se regie is deur die joernalis Anthony Molyneaux wat slim van kringtelevisie-beeldmateriaal van die aand gebruik maak. Daar is ook beeldmateriaal van die gedenkdiens en die hofsaak wat sou volg. En dan, natuurlik, is daar ook Cheslin se vertelling van wat hy van die aand kan onthou.

The Last Blue Ride: The Hannah Cornelius Story is nou op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies