Menu terloops

The Idol S1

Op Showmax [Gepubliseer op 5 Jun 2023]


‘The Idol’ draai om ’n popster, Jocelyn (Lily-Rose Depp), wat na ’n senuwee-ineenstorting vasbeslote is om haar kroon as die grootste en sexyste popster in Amerika terug te eis.

Kyk nou

The Idol S1
Kyk lokprent

Wel, die eerste resensies is in en… dis erger as wat ons verwag het. Tans het The Idol, wat uit die staanspoor in groot omstredenheid gehul is ná – onder meer – die oorspronklike regisseur midde verfilming met Euphoria se Sam Levinson vervang is, ’n vreeslike vrot punt op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes.

Die storie draai om ’n popster, Jocelyn (Lily-Rose Depp, The King), wat na ’n senuwee-ineenstorting vasbeslote is om haar kroon as die grootste en sexyste popster in Amerika terug te eis. Haar passie word weer aangevuur deur ’n bekende selfhelp-ghoeroe (en kultusleier), Tedros (Abel ‘The Weeknd’ Tesfaye). Sal haar romantiese ontwaking haar na glorieryke nuwe hoogtes of die diepste en donkerste dieptes van haar siel neem?

Ná die reeks se premiere by Cannes vanjaar, is die volop eksplisiete tonele deur sommiges as eerder haas pornografies bestempel en ’n toon van amperse vrouehaat is ook opgemerk. Met die reeks wat wêreldwyd vanaf Maandag, 5 Junie 2023, via HBO op verskeie stroomplatforms beskikbaar is, begin al meer negatiewe resensies ophoop.

Rolling Stone se resensent, David Fear, meen die reeks is “veel erger as wat jy sou verwag het”. The Daily Beast se Caspar Salmon skryf: Die storie se sleaze (opsetlik al dan nie) sou een ding wees, maar dit is die afskuwelike, selfverontskuldigende aanbieding van verkragtingskultuur wat skok.” Vogue meen egter dat diegene wat van Euphoria (ook op Showmax) hou, ook The Idol sal geniet.

Die Suid-Afrikaans-gebore popster (en ster van die Spud-trilogie), Troye Sivan, en Schitt’s Creek se Dan Levy, tel onder die rolverdeling.


Vanaf Maandag, 5 Junie 2023, op Showmax beskikbaar. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies