Menu terloops

The Gryphon S1

Op Ander [Gepubliseer op 26 Mei 2023]


‘The Gryphon’ is gegrond op die uiters gewilde boekreeks deur Wolfgang Hohlbein waarvan al meer as 40 miljoen eksemplare verkoop is.

The Gryphon S1
Kyk lokprent

The Gryphon – wat al vir die afgelope vyf jaar ontwikkel word – word deur sy skeppers as die grootste Duitse fantasie sedert The NeverEnding Story in 1984 beskou. Drie misfits, Mark, Memo en Becky, ontdek ’n fantasiewêreld genaamd The Black Tower. Hiér heers die sogenaamde Gryphon, ’n monster wat wêrelde verslind en alle lewende wesens genadeloos onderdruk.

Dan vind hulle uit dat Mark die enigste hoop teen die Gryphon is. Maar hy is geen held nie – en hy wil ook nie een wees nie. Hy het genoeg probleme van sy eie om hom besig te hou. Tyd vir monsters veg, is daar nie. Dis totdat sy broer, Thomas, verdwyn…

Mark en sy vrinne moet dan noodgedwonge The Black Tower betree – en die Gryphon die stryd aansê – om Thomas te red. 


The Gryphon is vanaf Vrydag, 26 Mei 2023, op Amazon Prime Video beskikbaar om te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies