Menu terloops

The English

Op Showmax [Gepubliseer op 6 Mar 2023]


Emily Blunt is wyd geloof vir haar merkwaardige spel in die bekroonde minireeks, ‘The English’. Dit is nou op Showmax beskikbaar om te stroom.

Kyk nou

The English
Kyk lokprent

Die Telegraph het The English, met Emily Blunt in die hoofrol, as die beste reeks van 2022 bestempel.

Blunt vertolk die rol van Cornelia Locke, ’n Engelse vrou wat ná haar seun se dood deur wraaksug gedryf word. Op haar reis kruis haar paaie met dié van Eli Whipp (Chaske Spencer). Eli is onderweg na Nebraska om die grond te eis wat hy vir sy diens in die Amerikaanse weermag verskuldig is 

Dié minireeks het ’n punt van 82% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes. Empire Magazine beskryf dit as ’n “grootse, ambisieuse en oorspronklike benadering tot die Western-genre wat die buitengewone skryf- en regievaardighede van die TV-outeur, Hugo Blick, onderskraag terwyl dit ook een van Emily Blunt se beste vertonings nog is.”

Binge The English vanaf 6 Maart op Showmax

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies