Menu terloops

The Days S1

Op Netflix [Gepubliseer op 1 Jun 2023]


‘The Days’ is ’n dramatiese vertelling wat die gebeure en afgryslike gevolge van die Fukushima-kernramp in 2011 blootlê.

The Days S1
Kyk lokprent

The Days herinner aan HBO se ongelooflike vertelling van die 1986-kernramp in die 2019-minireeks, Chernobyl

In The Days is daar egter ’n ander, meer onlangse, kernramp ter sprake: Fukushima.

The Days lê die gebeure van dié 2011-ramp – ’n reuse-krisis nadat ’n aardbewing en gevolglike tsoenami die kernaanleg erg beskadig het – oor die loop van sewe dae bloot.

Die storie word ook vanuit drie verskillende perspektiewe vertel – dié van regeringsamptenare, dié van werknemers van die Fukushima-kernaanleg, en ook die van die werknemers van die Tokyo Electric Power Company.

Daar is ’n paar verskillende regisseurs betrokke met die gruwelfliek-legende Hideo Nakata van The Ring-flieks en Dark Water, wat die absolute verskrikking en realiteit van die ramp by die kyker tuisbring. In die twee episodes wat hy regisseer, skep hy ’n naarmakende vrees wat klou – veral met sy afgryslike uitbeelding van kernbestraling.


Vanaf Donderdag, 1 Junie 2023, op Netflix.

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies