Menu terloops

The Day of the Jackal S1

Op Showmax [Gepubliseer op 13 Jan 2025]


Eddie Redmayne is vir ’n Golden Globe-toekenning benoem vir sy aangrypende toneelspel in senutergende rillerreeks, ‘The Day of the Jackal’. Kyk dit op Showmax.

Stroom op Showmax

The Day of the Jackal S1

The Day of the Jackal het reeds verlede jaar in Amerika en ander lande uitgesaai en so het dit dan op etlike “beste TV-reekse van 2024”-lyste beland. Veral Eddie Redmayne is vir sy meeslepende toneelspel uitgesonder. Daar is ook ’n konsensus onder talle resensente dat dié rillerreeks vir hulle aan die toprillers van ouds herinner.

Die Britse TV-verwerking van Frederick Forsyth se gelyknamige 1971-boek volg lank ná destydse filmpogings. Maar in televisieformaat is die storievertellers tien episodes gegun en kon hulle dit só in ’n hedendaagse konteks herverbeel. Die basiese premis is wel dieselfde – ’n kat-en-muis-speletjie soos ’n Britse intelligensiebeampte (Lashana Lynch)  jag maak op ’n sluipmoordenaar (Redmayne), slegs bekend as The Jackal. 

Die reeks is reeds vir ’n tweede seisoen hernu, met Variety wat dit as ’n “asemnemende avontuur tot op die laaste” bestempel. 


The Day of the Jackal is vanaf Maandag, 13 Januarie 2025, op Showmax beskikbaar om te stroom

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies