Menu terloops

The Capture S1

Op Showmax [Gepubliseer op 1 Mar 2023]


TIME Magazine beskryf ‘The Capture’ as “’n seldsame riller wat nie net slim en aangrypend is nie, maar ook diep relevant tot ons bisarre, dikwels skrikwekkende, hede is”.

Kyk nou

The Capture S1
Kyk lokprent

Dis nie aldag wat ’n reeks 100% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes kry nie, maar The Capture se tweede seisoen is een van min TV-juwele wat dit al reggekry het. Nie dat die eerste seisoen se punt van 92% te versmaai was nie…

Die eerste seisoen het gedraai om Rachel Carey, ’n jong speurder wat ’n komplekse sameswering ontbloot as sy die saak waarin ’n Britse soldaat aangekla word, ondersoek.

Die spil in The Capture draai om of ons regtig kan glo wat ons sien. Brittanje is onder beleg met die media wat gemanipuleer word en grootskaalse politieke inmenging. En Rachel, vertolk deur Holliday Grainger, is in die oog van die storm vasgevang soos sy van als probeer sin maak. Maar hoe gaan sy die saak oplos as sy nie eens haar naaste kollegas kan vertrou nie?

Nou op Showmax beskikbaar om te stroom. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies