Menu terloops

The Capture S1

Op Showmax [Gepubliseer op 1 Mar 2023]


TIME Magazine beskryf ‘The Capture’ as “’n seldsame riller wat nie net slim en aangrypend is nie, maar ook diep relevant tot ons bisarre, dikwels skrikwekkende, hede is”.

Kyk nou

The Capture S1
Kyk lokprent

Dis nie aldag wat ’n reeks 100% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes kry nie, maar The Capture se tweede seisoen is een van min TV-juwele wat dit al reggekry het. Nie dat die eerste seisoen se punt van 92% te versmaai was nie…

Die eerste seisoen het gedraai om Rachel Carey, ’n jong speurder wat ’n komplekse sameswering ontbloot as sy die saak waarin ’n Britse soldaat aangekla word, ondersoek.

Die spil in The Capture draai om of ons regtig kan glo wat ons sien. Brittanje is onder beleg met die media wat gemanipuleer word en grootskaalse politieke inmenging. En Rachel, vertolk deur Holliday Grainger, is in die oog van die storm vasgevang soos sy van als probeer sin maak. Maar hoe gaan sy die saak oplos as sy nie eens haar naaste kollegas kan vertrou nie?

Nou op Showmax beskikbaar om te stroom. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies