Menu terloops

The Calling S1

Op Showmax [Gepubliseer op 26 Mei 2023]


’n Speurder delf in die lewe van ’n vermiste seun terwyl hy ook met sy eie menslikheid worstel in ‘The Calling’.

Kyk nou

The Calling S1
Kyk lokprent

The Calling vertel oor ’n NYPD-speurder, Avraham Avraham (Jeff Wilbusch van Oslo en Unorthodox), wat deur sy geloofsbeginsels in sy soeke na die waarheid gelei word. As ’n roetine-saak egter skeefloop, begin Avraham sy eie menslikheid bevraagteken. 

Die reeks is gegrond op The Missing File, die eerste roman in die bekroonde skrywer Dror Mishani se reeks Avraham Avraham-boeke. 

Ook in die rolverdeling tel onder andere Juliana Canfield (Succession se Jess Jordan), Karen Robinson (Ronnie Lee van Schitt’s Creek), Michael Mosley (The Girl from Plainville), Tony Curran (Frankie in Your Honor) en Noel Fisher (Shameless)

Die reeks is deur die Emmy-wenner en veteraan-storieverteller David E. Kelley (Big Little Lies, Love & Death, L.A. Law) geskep.


Vanaf Vrydag, 26 Mei 2023, op Showmax

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies