Menu terloops

The Bay S1-3

Op DStv en Showmax [Gepubliseer op 24 Aug 2022]


‘The Bay’ het ’n punt van 86% op die resensie-webwerf Rotten Tomatoes. Die eerste twee seisoene is nou op Showmax beskikbaar terwyl die derde seisoen pas op M-Net met weeklikse episodes begin het.

Kyk nou

The Bay S1-3
Kyk lokprent

Die Britse polisiedrama The Bay keer met ’n derde seisoen terug. 

In die tweede seisoen het ons gesien hoe Lisa Armstrong (Morven Christie) ná haar skorsing ’n paar range na speurkonstabel afgeskuif is. Sy is toe by die ondersoek na die moord op ’n prokureur betrek en haar eksman het boonop ook sy opwagting gemaak met sy onverwagte terugkeer na Morecambe.

Intussen het Christie (en haar karakter) die reeks verlaat. Met die aanvang van die derde seisoen ontmoet ons dus Marsha Thomason as speurder Jenn Townsend – ’n nuwe toevoeging tot die span. Sy word sommer reeds op dag een in die diep kant gegooi as ’n lyk in die baai gevind word.

Die eerste seisoen het verskeie benoemings gekry – waaronder vir Christie se spel by die Skotse BAFTA-toekennings. Die tweede seisoen het ’n reuse-kykertal ingeboesem wat in die miljoene strek. Dít het waarskynlik gehelp om die boontjietellers te oorreed om The Bay vir ’n derde én vierde seisoen te hernu. 

Weeklikse episodes van seisoen drie vanaf Woensdag, 24 Augustus, om 23:00 op M-Net (DStv-kanaal 101), DStv Online of Catch Up.

Kyk ook die eerste twee seisoene nou op Showmax.

Soek jy nog misdaadreekse? Probeer ook Vigil, of The Pembrokeshire Murders, albei op Showmax beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
10

Gesinsvermaak: Kyk dié 10 reekse en flieks saam-saam

Van ‘Finding Optel’ en 'The Wild Robot' tot ‘Fuller House’ en 'Een keer om die son' – daar is heelparty TV-reekse en flieks wat jy oor die lang skoolvakansie as gesin saam kan kyk. 

Meer
3

‘Skemergrond’ in Desember: Hou dié storielyne dop

'Skemergrond' se mense beleef ’n stormagtige Desember met van liefde wat blom tot pynlike herlewings uit die verlede. Hier is die storielyne wat jy vandeesmaand moet dophou.

Meer
Sien alle opsies