Menu terloops

The Afterparty S1-2

Op Ander [Gepubliseer op 12 Jul 2023]


In die tweede seisoen van die heerlik snaaks ‘The Afterparty’, nou op Apple TV+ beskikbaar, word ’n troue in chaos gedompel as die bruidegom vermoor word…

The Afterparty S1-2
Kyk lokprent

In The Afterparty, geskep deur die Oscar-wenners Chris Miller en Phil Lord, verken elke episode van die reeks ’n ander karakter se weergawe van een noodlottige aand. Dit word dan ook vanuit hul perspektief vertel.

Terwyl die eerste seisoen om ’n moord by ’n hoërskoolreünie gedraai het, speel die noodlot in die tweede seisoen af by ’n troue. Die feesvieringe is egter van korte duur as die bruidegom vermoor word. Natuurlik is al die gaste verdagtes. Detective Danner (Tiffany Haddish) keer dan terug om Aniq (Sam Richardson) en Zoë (Zoe Chao) te help om dié whodunnit op te los.

Familielede, verliefdes en sakevennote word ondervra, met elke verdagte se weergawe van die naweek se gebeure wat met ’n spesifieke visuele styl vertel word. 

Brian Tallerico van The Playlist meen “The Afterparty is steeds een van die snaakste programme op TV”. Beth Webb van Empire Magazine skryf op haar beurt: “Dit is ’n boeiende, dikwels sjarmante en ontsettende snaakse raaiselreeks wat steeds sy plek in die versadigde wêreld van whodunnits volstaan.”


Vanaf Woensdag, 12 Julie 2023, op Apple TV+.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Augustus 2026

Die waarheid oor ’n dokter lei tot ’n dramatiese wending en Joe is desperaat om vrae oor sy identiteit te beantwoord. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer
Sien alle opsies