Menu terloops

Terwyl Ek Wag

Op Showmax [Gepubliseer op 8 Jan 2022]


‘Terwyl Ek Wag’ is die kunstenaar Nataniël se nuutste televisieproduksie en volg op sy kookprogramme ‘Die Nataniël Tafel’ en ‘Edik Van Nantes’.

Kyk nou

Terwyl Ek Wag

Nataniël mors nie in die kombuis nie – dít het ons reeds geleer in sy gewilde kookprogramme Die Nataniël Tafel, en Edik Van Nantes (op Showmax beskikbaar), maar in sy nuutste TV-produksie, word ons net weer herinner aan die kunstenaar se skynbare eindelose talente.

In Terwyl Ek Wag, neem Nataniël die Kaapse Wynlande op horings as hy drie maande lank op ’n plaas tussen Kaapstad en Stellenbosch deurbring en lipleklekker disse opwip wat deur sy Franse erfenis geïnspireer is. Terselfdertyd ondersoek hy ook die invloed van die Frans-Hugenote op Suid-Afrika se landbou-, wyn- en kookbedryf.

Terwyl Ek Wag klink dalk soos net nog ’n kookprogram,” sê Nataniël, “maar dit is veel meer en gepas vir hierdie vreemde tye. Die geskiedenis herhaal gereeld en op verskeie maniere.”

Vervaardiger Berdene Burger voeg by: “Nataniël verweef die praktiese alledaagse lewe met betowerende inspirasie.”

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies