Menu terloops
In Sepies [18 Mei 2024]

Jou telenovela-gids: Jaloesie kry die oorhand in ‘Moederhart’


Muzaffer word gewaarsku, Tugba se jaloesie ken nie perke nie en iemand vang vir Onur en Zeynep saam… Waarna kan jy hierdie week (20 tot 23 Mei 2024) op die Turkse telenovela ‘Moederhart’ op kykNET&kie uitsien?

Jou telenovela-gids: Jaloesie kry die oorhand in ‘Moederhart’

Elke week bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovelas, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien.

Hier is wat hierdie week op Moederhart gaan uitspeel.

Moederhart

Maandag, 20 Mei 

Nefise waarsku Muzaffer om haar nie te keer om ’n inkomste te verdien nie. Tugba is geskok toe Nefise saam met Muzaffer by die huis aankom.

Dinsdag, 21 Mei 

Suat daag op met ’n rekening vir die skade aan die boot. Rahmi smeek die polisieduikers om nie op te hou soek na Ahmet nie.

Woensdag, 22 Mei 

Tugba se jaloesie kry die oorhand. Die waarheid tref vir Asli soos ’n bom. Rahmi se hart verloor die stryd oor die verlies van sy seun. 

Donderdag, 23 Mei

Sezai beëindig die vennootskap met Muzaffer. Iemand agtervolg vir Onur en Zeynep en neem foto’s van die twee in mekaar se arms.


Moederhart word Maandae tot Donderdae om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies