Menu terloops
In Gons [6 Apr 2024]

Jou telenovela-gids: Liefdesbeloftes en afpersing in ‘Moederhart’ en ‘Skerpioen’


Waarna kan jy hierdie week (8 tot 11 April 2024) op die oorgeklankte Turkse telenovelas ‘Moederhart’ en ‘Skerpioen’ op kykNET&kie uitsien?

Jou telenovela-gids: Liefdesbeloftes en afpersing in ‘Moederhart’ en ‘Skerpioen’

Elke week bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovelas, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. Hier is wat op Moederhart en Skerpioen gaan uitspeel.

Moederhart

Maandag, 8 April

Zeynep en Cemre probeer om Emre te bevry. Tugba wurm haarself terug in Muzaffer se huis in.

Dinsdag, 9 April

Cemre leer om te dans en leer ook ’n ander kant van Kaan ken as hulle deur die polisie gejaag word. Ceylan betrap Ahmet en Zeynep in ’n ongemaklike posisie.

Woensdag, 10 April

Cemre beraam ’n slinkse plan om Mert in die hof te kry. Zeynep konfronteer Nefise op ’n kritiese oomblik.

Donderdag, 11 April

Azime kry die resultate van die DNS-toets terug. Ceylan vertel vir Ahmet van haar liefde vir hom.


Moederhart word van Maandag tot Donderdag om 17:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai.

Skerpioen

Maandag, 8 April

Ahmed pers Aras af om met Aysem te trou. Duru wil terug Amerika toe gaan en Perihan gaan sien vir Aras en vra hom om vir Duru te keer.

Dinsdag, 9 April

Ferda het ’n voorwaarde vir Perihan voordat hulle kan saamwerk – sy moet Duru en Aras se verhouding goedkeur. Efe breek op met Merve, en Merve is woedend vir Ferda.

Woensdag, 10 April

Efe kontak Ahmet en vra of hulle kan ontmoet. Merve probeer om vir Efe te waarsku om ten alle koste van die kranksinnige Ahmet weg te bly.

Donderdag, 11 April

Merve bring ’n ernstig gewonde Efe hospitaal toe. Aras sê hy gaan met Aysem trou.


Skerpioen word van Maandag tot Donderdag om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies