Menu terloops
In Gons [6 Apr 2024]

Jou telenovela-gids: Liefdesbeloftes en afpersing in ‘Moederhart’ en ‘Skerpioen’


Waarna kan jy hierdie week (8 tot 11 April 2024) op die oorgeklankte Turkse telenovelas ‘Moederhart’ en ‘Skerpioen’ op kykNET&kie uitsien?

Jou telenovela-gids: Liefdesbeloftes en afpersing in ‘Moederhart’ en ‘Skerpioen’

Elke week bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovelas, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. Hier is wat op Moederhart en Skerpioen gaan uitspeel.

Moederhart

Maandag, 8 April

Zeynep en Cemre probeer om Emre te bevry. Tugba wurm haarself terug in Muzaffer se huis in.

Dinsdag, 9 April

Cemre leer om te dans en leer ook ’n ander kant van Kaan ken as hulle deur die polisie gejaag word. Ceylan betrap Ahmet en Zeynep in ’n ongemaklike posisie.

Woensdag, 10 April

Cemre beraam ’n slinkse plan om Mert in die hof te kry. Zeynep konfronteer Nefise op ’n kritiese oomblik.

Donderdag, 11 April

Azime kry die resultate van die DNS-toets terug. Ceylan vertel vir Ahmet van haar liefde vir hom.


Moederhart word van Maandag tot Donderdag om 17:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai.

Skerpioen

Maandag, 8 April

Ahmed pers Aras af om met Aysem te trou. Duru wil terug Amerika toe gaan en Perihan gaan sien vir Aras en vra hom om vir Duru te keer.

Dinsdag, 9 April

Ferda het ’n voorwaarde vir Perihan voordat hulle kan saamwerk – sy moet Duru en Aras se verhouding goedkeur. Efe breek op met Merve, en Merve is woedend vir Ferda.

Woensdag, 10 April

Efe kontak Ahmet en vra of hulle kan ontmoet. Merve probeer om vir Efe te waarsku om ten alle koste van die kranksinnige Ahmet weg te bly.

Donderdag, 11 April

Merve bring ’n ernstig gewonde Efe hospitaal toe. Aras sê hy gaan met Aysem trou.


Skerpioen word van Maandag tot Donderdag om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies