Menu terloops
In Gons [30 Mar 2024]

Jou telenovela-gids: Klikbekke en wraak in ‘Skerpioen’ en ‘Moederhart’


Waarna kan jy hierdie week (1 tot 4 April 2024) op die oorgeklankte Turkse telenovelas ‘Moederhart’ en ‘Skerpioen’ op kykNET&kie uitsien?

Jou telenovela-gids: Klikbekke en wraak in ‘Skerpioen’ en ‘Moederhart’

Elke week bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovelas, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. Hier is wat op Moederhart en Skerpioen gaan uitspeel.

Moederhart

Maandag, 1 April

Nefise is geskok om uit te vind dat Muzaffer wel die polisie gebel het. Emre word gearresteer.

Dinsdag, 2 April

Ahmet veroorsaak weer drama met Onur. Muzaffe hoor hoe Mert in sy slaap praat oor hoor hoe Emre hom gered het.

Woensdag, 3 April

Kaan sleep Cemre by ’n raaiselagtige transaksie in. Asli bied aan om vir Zeynep-hulle te help, maar Zeynep is onrustig.

Donderdag, 4 April

Nefise maak ’n belangrike ontdekking in Muzaffer se geheime kamer. Sengül maak die lewe moeilik vir Zeynep, Cemre en Aysun.


Moederhart word van Maandag tot Donderdag om 17:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai.

Skerpioen

Maandag, 1 April

Efe betrap Ahmed en Duru in die hotelkamer en klik by Ferda. Perihan kry die uitslae van haar toetse en hoor sy’t nie meer lank om te leef nie.

Dinsdag, 2 April

Perihan vra vir Ferda om die leisels van die familie en die maatskappy oor te neem. Maar dit kom met ’n voorwaarde – sy moet vir eens en altyd van Ahmet ontslae raak.

Woensdag, 3 April

Aras gesels met Aysem oor stappe om toesig oor sy seun te kry. Perihan vra Hacer om te belowe dat sy vir niemand sal vertel van haar terminale kanker nie.

Donderdag, 4 April

Aras soen Aysem – en Ahmet en Duru sien dit. Ferda is woedend en vertel Aysem dat Aras haar gebruik om wraak te neem.

Skerpioen word van Maandag tot Donderdag om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies