Menu terloops
In Gons [25 Mar 2024]

Jou telenovela-gids: Onblusbare liefde in ‘Moederhart’, ’n gesondheidskok in ‘Skerpioen’


Waarna kan jy hierdie week (25-28 Maart 2024) op die oorgeklankte Turkse telenovelas ‘Moederhart’ en ‘Skerpioen’ op kykNET&kie uitsien?

Jou telenovela-gids: Onblusbare liefde in ‘Moederhart’, ’n gesondheidskok in ‘Skerpioen’

Elke week bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovelas, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. Hier is wat op Moederhart en Skerpioen gaan uitspeel.

Moederhart

Maandag, 25 Maart

Azime probeer haar bes om uit te vind wie Emre regtig is. Intussen kan Mert vrygelaat word.

Dinsdag, 26 Maart

Mert herenig met sy pa ná sy vrylating. Aylin word gewond. Cemre vind Kaan se geheim uit.

Woensdag, 27 Maart

Zeynep is moedeloos, maar ook vasberade om haar ingewikkelde verhouding met Onur te beëindig. Maar sal haar liefde vir hom so maklik geblus kan word?

Donderdag, 28 Maart

Gaan Muzaffer se grootste wens vanaand waar word? Hy kry ook die ontstellende nuus oor wie Mert se ontvoerder is.


Moederhart word van Maandag tot Donderdag om 17:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai.

Skerpioen

Maandag, 25 Maart

Perihan gee toe aan Ferda se afpersing om Sahin te red. Perihan stort ineen terwyl sy en Ferda baklei.

Dinsdag, 26 Maart

Perihan hoor dat sy kanker het. Ahmet rig sy aandag op Duru.

Woensdag, 27 Maart

Ahmet sê vir Duru die enigste manier hoe Aras se lewe gered kan word, is as Duru een aand saam met hom uitgaan. Ferda nooi haar dogters vir aandete.

Donderdag, 28 Maart

Ahmet dreig Merve dat hy Efe sal doodmaak as sy nie die troue bywoon nie. Aras sien hoe sy by Ahmet se hotelkamer instap.


Skerpioen word van Maandag tot Donderdag om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies