Menu terloops
In Wat om te kyk [2 Mar 2024]

Jou telenovela-gids: Dood en dobbelhuise in ‘Skerpioen’ en ‘Moederhart’


Waarna kan jy hierdie week (4-7 Maart 2024) op die oorgeklankte Turkse telenovelas ‘Moederhart’ en ‘Skerpioen’ op kykNET&kie uitsien?

Jou telenovela-gids: Dood en dobbelhuise in ‘Skerpioen’ en ‘Moederhart’

Elke week bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovelas, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. Hier is wat op Moederhart en Skerpioen gaan uitspeel.

Moederhart

Maandag, 4 Maart

Daar is ’n glinster van hoop as Onur ’n leidraad kry oor waar Emre hom bevind. Ahmet is ontsteld omdat Zeynep hom nie gevra het om te help nie.

Dinsdag, 5 Maart

Tugba ontdek die kredietkaart wat Muzaffer vir Nefise gegee het. Zeynep vra Emre uit oor die gebeure wat tot die skietery gelei het.

Woensdag, 6 Maart

Suat kry amper ’n hartaanval toe sy geheime wegkruipplek ontdek word. Tugba maak ’n plan om haar kloue in Muzaffer te slaan.

Donderdag, 7 Maart

Demir vertel van sy reddingspoging om Mert uit Duitsland te kry. ’n Nuwe kliënt by die salon vra Cemre om as fotomodel vir haar firma te werk.


Moederhart word van Maandag tot Donderdag om 17:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai.

Skerpioen

Maandag, 4 Maart

Duru sien vir Aras in die dobbelhuis toe sy Hakan se skuld gaan betaal. Ahmed laat Merve ontvoer om by Aysem uit te kom.

Dinsdag, 5 Maart

Ferda rapporteer Ahmet se onwettige dobbelhuis by die polisie. Duru word deur Aras gekonfronteer.

Woensdag, 6 Maart

Aras is vasbeslote om Ahmet te skiet, maar Duru tree tussenbeide. Ahmet beveel Tugay om vir Aras en Efe dood te maak.

Donderdag, 7 Maart

Sahin is woedend omdat Hakan die familie afpers. Hunkar vind uit dat Aras die pa van Duru se kind is.


Skerpioen word van Maandag tot Donderdag om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies