Menu terloops
In Gons [22 Apr 2024]

Jou telenovela-gids: Giftige ontdekkings in ‘Skerpioen’, ‘Moederhart’


Waarna kan jy hierdie week (22 tot 25 April 2024) op die oorgeklankte Turkse telenovelas ‘Moederhart’ en ‘Skerpioen’ op kykNET&kie uitsien?

Jou telenovela-gids: Giftige ontdekkings in ‘Skerpioen’, ‘Moederhart’

Elke week bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovelas, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. Hier is wat op Moederhart en Skerpioen gaan uitspeel.

Moederhart

Maandag, 22 April

Onur sien hoe Zeynep ’n trourok aanpas. Cemre spreek harde woorde gedurende aandete uit.

Dinsdag, 23 April

Onur is gebroke toe hy uitvind Zeynep en Ahmet gaan trou. Tugba vat dinge te ver om voor te gee dat sy steeds swanger is.

Woensdag, 24 April

Muzaffer is ontsteld as dit lyk of Nefise nie sy kind wil hê nie. Hy hoor ook hoe sy en Azime van ’n geheim praat.

Donderdag, 25 April

Tugba is baie positief oor hoe haar plan vorder. Ceylan wend ’n ernstige poging aan om Ahmet en Zeynep se troue in die wiele te ry.


Moederhart word van Maandag tot Donderdag om 17:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai.

Skerpioen

Maandag, 22 April

Aysem ontdek ’n foto van Duru in Aras se beursie. Sy besef hy het haar nie lief nie. Sy besoek Duru om haar te oorreed om met Aras te trou. Ahmet sien hoe Ferda druppels gif in sy wyn gooi.

Dinsdag, 23 April

Ferda en Ahmet herleef herinneringe uit hul jong dae, maar albei besef niks sal weer dieselfde wees nie. Ahmet kry die druppels waarmee Ferda hom vergiftig, maar hy swyg daaroor. 

Woensdag, 24 April

Ahmet het Perihan laat ontvoer en hou haar en Ferda albei met ’n wapen aan. Hy konfronteer Ferda oor die gif.  

Donderdag, 25 April

Ahmet skiet homself voor Ferda. Sy drink al die gif wat in die botteltjie oor was.


Skerpioen word van Maandag tot Donderdag om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies