Menu terloops
In Sepies [3 Jun 2024]

Jou telenovela-gids: Vals beskuldigings en ’n gevaarlike lokval in ‘Moederhart’


Tugba se bewerings kan Azime in groot moeilikheid bring, en Asya moet vir Emre jammer sê… Waarna kan jy hierdie week (3 tot 6 Junie 2024) op die Turkse telenovela ‘Moederhart’ op kykNET&kie uitsien?

Jou telenovela-gids: Vals beskuldigings en ’n gevaarlike lokval in ‘Moederhart’

Elke week bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovelas, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. Hier is wat hierdie week op Moederhart gaan uitspeel.

Moederhart

Maandag, 3 Junie 

Asya probeer om Emre in ’n lokval te lei. Tugba val by die villa se trappe af en beweer dis Azime se skuld.  

Dinsdag, 4 Junie

Asya word deur Kemal gedwing om Emre om verskoning te vra. Zeynep word amptelik by die polisiekantoor ingelig dat Ahmet dood is. 

Woensdag, 5 Junie

Die polisie deursoek Muzaffer se villa. Nefise en Mert verlaat die villa ongemerk. 

Donderdag, 6 Junie

Kaan probeer om in Cemre se goeie boekies te kom, maar Suat sien deur hom. Emre betaal Muzaffer die geld terug wat Nefise by hom geleen het. 


Moederhart word Maandae tot Donderdae om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies