Menu terloops

Surf Girls Hawai’i S1

Op Ander [Gepubliseer op 18 Jul 2023]


‘Surf Girls Hawai’i’ draai om vyf vroue se opkoms as branderplankryers en verweef hul persoonlike stories met ’n blik op die professionele mededinging in dié sport. Stroom dit op Prime Video.

Surf Girls Hawai’i S1
Kyk lokprent

Die dokkiereeks Surf Girls Hawai’i volg ’n nuwe generasie van inheemse vroue-branderplankryers in Hawai’i soos hulle meeding vir gesogte plekke op ’n wêreldtoer. 

Die fokus is op vyf van die sport se nuwelinge – Moana Jones Wong (24), Ewe Wong (18), Maluhia Kinimaka (27), Pua DeSoto (17) en Brianna Cope (28).

Die beperkte reeks – bestaande uit vier dele – volg dié vyftal soos hulle oefen, persoonlike uitdagings takel en teen die beste surfers in die wêreld meeding om die beste brander te vang. Die see, kan ’n mens maar toegee, is eintlik ook een van die dokkiereeks se hoofkarakters, en die kamerawerk is deurgaans meesleurend.

Surf Girls Hawai’i is uit Reese Witherspoon se Hello Sunshine-stal. Kritici meen dat die reeks goed doen om die branderplankry as ’n kulturele gebruik of praktyk in Hawaii te vestig.

Decider skryf hieroor: “Surf Girls Hawai’i bied persoonlike profiele en inspirerende stories in gelyke dele, soos die dokumentêre reeks die vyf jong vroue volg wat sentraal tot die storie staan. Elkeen van hulle is net so trots op hul Hawaiiaanse erfenis as op hul bekwaamheid daar buite op ‘n branderplank in die Pyplyn.”


Vanaf Dinsdag, 18 Julie 2023, op Prime Video

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies