Menu terloops
In Wat om te kyk [17 Jan 2025]

‘Summertide’ groet ná jaar se boeiende drama


Ná 52 episodes kom ‘Summertide’, M-Net se plaaslike gesinsdrama, hierdie naweek tot ’n einde. 

‘Summertide’ groet ná jaar se boeiende drama

Summertide, wat oor die afgelope jaar kykers met die wel en weë van die Field- en Solomons-gesinne geboei het, se sterbelaaide rolverdeling het veral beïndruk. 7de Laan-alum, Frank Rautenbach, Ty Keogh (Die Byl), Monique Rockman (Gaia) en Amalia Uys (Een keer om die son) is onder die welbekende toneelspelers wat gehelp het om dié storie te vertel. 

Met die aanvang van die reeks, het kykers die mariene-bioloog, Martin Field (Frank Rautenbach), en sy kinders, Tristan (Jan Combrink) en Lucy (Evangelina Hallock), ontmoet soos hulle na Valsbaai, waar Martin grootgeword het, verhuis het. Dié klein gesinnetjie was egter gebroke ná die dood van die kinders se ma en Martin se vrou, Julia (Uys). Dié tragedie het ’n ryp omgewing geskep vir konflik tussen veral Martin en Tristan, terwyl Martin ook met die terugkeer na sy tuisdorp deur ou geraamtes gekonfronteer is. Een hiervan was die herontmoeting met sy eerste liefde, Rebecca Solomons (Rockman). Rebecca het na Suid-Afrika teruggekeer om haar familie se restaurant te bestuur. Sy het intussen ook toevlug in die arms van Martin se broer, Gavin (Keogh) gevind. En dan is daar ook die kritiese oog van sy pa, Jack (Andre Jacobs), gelukkig effens getemper deur sy vrou, Wilma (Terry Norton). 

Dié reeks het die bekroonde Corné en René van Rooyen van Red Letter Day Pictures as skeppers en vervaardigers gehad.

Storielyn-hoogtepunte:

Hier is ’n paar Summertide-storielyne wat vir ons uitgestaan het: 

  • Martin het die onwettige visbedryf in die baai met Freddy (Maurice Carpede) se hulp aangevat. Maar hulle het swaar aan die gevolge gedra.
  • Jack het gesukkel ná sy aftrede – hoe pas ’n mens aan ná ’n leeftyd in die vloot? 
  • Die Fields het uiteindelik Julia se as gestrooi en van hul ma en vrou afskeid geneem. 
  • Rebecca se dogter uit ’n vorige verhouding maak haar opwagting en dit lei uiteindelik daartoe dat Rebecca vir Gavin voor die kansel los. 
  • Martin was die hele jaar heeltemal oorweldig. Dink maar net aan die mislukte poging om perlemoenstropery hok te slaan en ook die hewige teenstand teen sy bewaringswerk deur die plaaslike vissers. Dan was daar ook sy verhouding met Rebecca wat by hom gespook het en die einde van sy verhouding met Charlie (Tanya van Graan) wat hy moes verwerk. 
  • Tristan en Yolande se verhouding was een met groot hartseer. Tristan het veral gestoei met Yolande se vertrek na Amerika om mediese behandeling te ontvang en was hartgebroke toe sy met haar terugkeer met hom opgebreek het. 

Die laaste episode van Summertide word Sondag, 19 Januarie 2025, om 18:00 op M-Net en DStv Stream (DStv-kanaal 101) uitgesaai.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies