Menu terloops
In Gons [1 Jul 2024]

‘Suidooster’: Vyf stormagtige kinkels in Julie


Mymoena word in die versoeking gelei en liefde is in die lug vir ’n hele paar ‘Suidooster’-karakters hierdie maand…

Stroom Suidooster aanlyn

‘Suidooster’: Vyf stormagtige kinkels in Julie

Kyk uit vir dié vyf storielynkinkels in Suidooster in Julie.

1

Dit begin lyk of Ruiterbosch die nuwe Wilde Weste is met Texas en Nazeem se gekonkel want by die nuwe Lone Star-wassery word daar veel meer as net klere gewas! Dit inderwaarheid ’n front vir ’n onwettige casino en verskeie van Ruiterbosch se inwoners geniet nogal dié nuwe tydverdryf. Maar Texas en Nazeem moet hul voetwerk ken om die regte kliënte te lok en terselfdertyd diegene wat hul pret kan bederf, van stryk te bring. Gaan die twee slinkse manne kan keer dat hul vuil wasgoed in die openbaar gewas word? 

2

Cupido kom klop ook dié winter aan Aiden se deur. Ja, Ruiterbosch se apteker raak halsoorkop verlief op die pragtige Lisa. Hy glo vas sy is sy trouvrou, maar is sy werklik die regte medisyne vir hom?    

3

Nou dat Zoë finaal die “Tim-hoofstuk” afgesluit het, sien sy kans om weer die opsitkers aan te steek. Só begin Gary by haar vlerksleep en sy vang ook Texas se oog. Maar Zoë se visier is moontlik op iemand anders ingestel. Kan dit ’n kwessie wees van ou liefde wat nooit roes nie?

4

Die ring wat Siya en Kate in die kollektesakkie gevind het, is dalk manna uit die hemel vir die kerk. Terwyl hulle probeer om agter die kap van die byl te kom, veroorsaak dit ook spanning tussen hulle.

5

Die Samsodien-gesin kom voor nog ’n groot toets te staan. Die keer is dit Mymoena wat in die versoeking gelei word en sy neem ’n paar skokkende besluite.


Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

    Wat, waar en wanneer?

    Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

    Sien ook Meer

    Jy sal hou van:

    Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

    Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

    Meer

    Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

    ’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

    Meer

    Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

    KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

    Meer

    Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

    Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

    Meer
    Sien alle opsies