Menu terloops
In Gons [1 Jul 2024]

‘Suidooster’: Vyf stormagtige kinkels in Julie


Mymoena word in die versoeking gelei en liefde is in die lug vir ’n hele paar ‘Suidooster’-karakters hierdie maand…

Stroom Suidooster aanlyn

‘Suidooster’: Vyf stormagtige kinkels in Julie

Kyk uit vir dié vyf storielynkinkels in Suidooster in Julie.

1

Dit begin lyk of Ruiterbosch die nuwe Wilde Weste is met Texas en Nazeem se gekonkel want by die nuwe Lone Star-wassery word daar veel meer as net klere gewas! Dit inderwaarheid ’n front vir ’n onwettige casino en verskeie van Ruiterbosch se inwoners geniet nogal dié nuwe tydverdryf. Maar Texas en Nazeem moet hul voetwerk ken om die regte kliënte te lok en terselfdertyd diegene wat hul pret kan bederf, van stryk te bring. Gaan die twee slinkse manne kan keer dat hul vuil wasgoed in die openbaar gewas word? 

2

Cupido kom klop ook dié winter aan Aiden se deur. Ja, Ruiterbosch se apteker raak halsoorkop verlief op die pragtige Lisa. Hy glo vas sy is sy trouvrou, maar is sy werklik die regte medisyne vir hom?    

3

Nou dat Zoë finaal die “Tim-hoofstuk” afgesluit het, sien sy kans om weer die opsitkers aan te steek. Só begin Gary by haar vlerksleep en sy vang ook Texas se oog. Maar Zoë se visier is moontlik op iemand anders ingestel. Kan dit ’n kwessie wees van ou liefde wat nooit roes nie?

4

Die ring wat Siya en Kate in die kollektesakkie gevind het, is dalk manna uit die hemel vir die kerk. Terwyl hulle probeer om agter die kap van die byl te kom, veroorsaak dit ook spanning tussen hulle.

5

Die Samsodien-gesin kom voor nog ’n groot toets te staan. Die keer is dit Mymoena wat in die versoeking gelei word en sy neem ’n paar skokkende besluite.


Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

    Wat, waar en wanneer?

    Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

    Sien ook Meer

    Jy sal hou van:

    8

    ‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

    Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

    Meer

    Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

    Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

    Meer

    Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

    Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

    Meer

    Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

    Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

    Meer
    Sien alle opsies