Menu terloops
In Gons [6 Mei 2025]

Kyk nou: Sepieland se ‘Suidooster’-sterre skitter op verhoog


Die vierde Stormsterk-konsert, wat die ‘Suidooster’-sepiesterre by die jaarlikse Suidoosterfees in Kaapstad aangebied het, was ook die afskop van dié sepie se tiende verjaardagvieringe. 

Kyk 'Suidooster' op DStv Stream

Kyk nou: Sepieland se ‘Suidooster’-sterre skitter op verhoog

Suidooster se hele permanente rolverdeling was deel van die uitverkoopte Stormsterk-konsert, maar dit is deur ’n ensemblegroep bestaande uit Dean Smith (Wade), Natasha van der Merwe (Susan), Eden Classens (Justin), Jill Levenberg (Mymoena), Irvine van der Merwe (Nazeem), Simone Biscombe (Bianca), Craig Adriaanse (Gary), Jawaahier Petersen (Kaashifa) en Richard September (Bennie) gelei. 

Die fotograaf Gys Loubser het die beste oomblikke – waaronder unlucky in love-Bianca in ’n trourok op die verhoog! – met sy kamera vasgevang.


Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies