Menu terloops
In Wat om te kyk [28 Jan 2025]

Jou ‘Suidooster’-gids vir Februarie 2025


Justin en Gary se vennootskap gaan deur diepe waters en Kaashifa skok almal om haar. Kykers kan na dít en nog meer in Februarie op ‘Suidooster’ uitsien. Hier is ons kykgids.

Stroom 'Suidooster'

Jou ‘Suidooster’-gids vir Februarie 2025

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Suidooster kan verwag.

Maandag, 3 Februarie

Wade is seker sy probleme met die polisie is verby, of misgis hy hom dalk? Riaan is bereid om vir Hanli ’n finale kans te gee, terwyl Kaashifa toenemend angstig raak oor haar en die baba se veiligheid.

Dinsdag, 4 Februarie

Riaan neem moet ’n besluit neem. Kaashifa begin al meer uithaak, terwyl speurder Malherbe se ondersoek begin vrugte afwerp.

Woensdag, 5 Februarie

Elana is stomgeslaan oor Kaashifa se gedrag, terwyl iemand onverwags vir ’n ligtepunt in Riaan se dag sorg. Bridgette ontdek iets wat haar snuf in die neus gee en veroorsaak dat Wade se dag tot ’n onverwagse einde kom… 

Donderdag, 6 Februarie

Bridgette gee vir Lee-Ann raad, terwyl Mymoena moederlik met die nuwe ouers praat. Stella is uit haar vel om weer vir Riaan te sien.

Vrydag, 7 Februarie

Wade en Zoe loods hulle eie ondersoek, terwyl Bianca vir Riaan bederf. Rhafiek is raadop met Kaashifa se paranoia.

Maandag, 10 Februarie

Kaashifa sukkel om Dullah agter te laat wanneer sy vir haar doktersafpraak gaan. Bianca vertel vir Riaan presies wat sy van hom dink, terwyl Wade en Zoë ’n deurbraak in hul ondersoek kry. 

Dinsdag, 11 Februarie

Speurder Malherbe kry ’n nuwe leidraad. Kaashifa probeer uit haar terapiesessie wurm, maar Mymoena gee nie skiet nie. Elana kry ’n teken dat Susan vroeg huis toe gaan kom.

Woensdag, 12 Februarie

Is daar ’n tikkie hoop vir Wade? Rhafiek is verslae oor Kaashifa se vreemde besluite. Susan ontmoet Elana se ou skoolvriend, maar iets aan hom pla haar. 

Donderdag, 13 Februarie

Susan kry nie vat aan Cilliers nie en Wade is op hete kole. Kaashifa maak uiteindelik ’n deurbraak, maar hoe lank gaan dit hou?

Vrydag, 14 Februarie

Elana bring vir Susan tot nuwe insig oor Cilliers, en Rhafiek ontdek iets skokkend. Nazeem se onlangse neerlaag laat hom soos ’n mislukking voel, terwyl Kaashifa iets in die mou voer… 

Maandag, 17 Februarie

Kaashifa beplan om die ondenkbare te doen. Susan en Cilliers wend van beide kante af ’n poging aan om oor die weg te kom, terwyl Wade en sy vriende hul vryheid vier.

Dinsdag, 18 Februarie

Kaashifa se familie en vriende is geskok ná wat sy gedoen het, terwyl Susan wonder oor Cilliers se geldsake. Angie gee vir Gary ’n idee, en Carlo word in die verleentheid gestel.

Woensdag, 19 Februarie

Susan besluit om haar instink te vertrou en Cilliers te agtervolg. Carlo doen iets agter Lee-Ann se rug, terwyl Kaashifa vir Mymoena smeek om haar te help. 

Donderdag, 20 Februarie

Rhafiek sukkel om Kaashifa se gedrag te verwerk, terwyl Gary op sy nuwe app fokus. Cilliers verwag ’n pakkie uit Angola en Susan bied aan om dit te ontvang. Carlo is in die moeilikheid.

Vrydag, 21 Februarie

Die Jacobs-susters straf Carlo, Zoë en Riaan terwyl Gary se selfoon-app belowend lyk. Rhafiek vertel vir Kaashifa die waarheid, maar sal sy hom glo?

Maandag, 24 Februarie

Kaashifa weier om besoekers te ontvang, en Carlo doen iets wat Lee-Ann se bloed laat kook. Susan bly agterdogtig oor Cilliers, en wanneer hy uiteindelik bieg oor sy vreemde optrede, is sy stomgeslaan… 

Dinsdag, 25 Februarie

Mymoena hoop sy kan tot Rhafiek deurdring. Gary het opwindende nuus om te deel, en Lee-Ann lees vir Nazeem die leviete voor. 

Woensdag, 26 Februarie

Kaashifa rig ’n moeilike versoek aan Mymoena, terwyl Nazeem sy band met Carlo versterk. Gary vererg hom vir Justin en Cilliers sukkel om sy swak gesondheid weg te steek. 

Donderdag, 27 Februarie

Gary en Justin se vennootskap is op dun ys. Bridgette raak al hoe meer agterdogtig oor Nazeem se planne met Carlo terwyl Rhafiek ’n finale besluit neem. 

Vrydag, 28 Februarie

Bridgette oortuig Lee-Ann om Carlo uit Nazeem se kloue te kry. Rhafiek sukkel om die realiteit te verwerk, terwyl Justin te ver gaan met Gary. 


Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies