Menu terloops
In Sepies [1 Sep 2024]

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié vyf onverwagte kinkels in September


Julle! Daar is baie onverwagte kinkels hierdie maand op ‘Suidooster’… En nogal van die romantiese aard.

Stroom 'Suidooster' nou

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié vyf onverwagte kinkels in September

September beteken nie net die lente is hier nie – in Suidooster is hierdie mooi seisoen propvol drama, spanning en onverwagte kinkels met verhoudings wat op die proef gestel word, geheime verklap, en nuwe bande gesmee word.

1

Mrs J se besluit om Tulbagh haar nuwe tuiste te maak om vir Ronald te versorg, begin dit sy tol op haar dogters eis. Lee-Ann moes immers reeds vanjaar die verlies van haar geliefde Ty hanteer, en nou is Mrs J, haar en Bridgette se rots, ook nie meer deel van haar alledaagse doen en late nie. 

2

Elana en Justin sit vas en dit lei tot ’n vurige debat. Boonop word dit ook op Radie Dassie uitgesaai. Susan se geheime plan om Elana te verras, misluk liederlik. Ook dít lei tot ’n ongemaklike oomblik wat regstreeks op lug uitspeel.

3

Terwyl Wade se verhouding met Angie begin verbrokkel, word Zoë meegesleur in ’n passievolle verhouding met Gary… Tot Bridgette se groot irritasie.

4

Imelda, ’n vasberade sakevrou, betree die toneel en nader JPD met ’n onmoontlike projek. Tog is Riaan vasberade om die uitdaging aan te pak. Maar Imelda koester ’n donker geheim wat alles kan omverwerp. 

5

Met die koms van die lente is daar talle romantiese verrassings en op 18 September weergalm die trouklokkies deur Ruiterbosch. 


Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies