Menu terloops
In Gons [1 Okt 2024]

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié vyf storielyn-kinkels in Oktober


Ten spyte daarvan dat Oktober bekend staan as die mooiste maand, pak daar ’n paar onheilspellende donker wolke saam oor Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar die kykNET-sepie ‘Suidooster’ afspeel. 

Stroom 'Suidooster'

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié vyf storielyn-kinkels in Oktober

Dié vyf Suidooster-storielyne gaan kykers op hete kole laat.

1

Daar is sonder twyfel ’n slang in die gras ten opsigte van Imelda (Ilse Klink) se doen en late in Ruiterbosch. Dié selfversekerde sakevrou het beslis ’n verskuilde agenda en sy sal enigiets doen om dit te beskerm. Sy het dit wel reggekry om vir JPD en selfs haar niggie, Kaashifa (Jawaahier Petersen), ’n rat voor die oë te draai, maar Riaan het snuf in die neus dat alles nie pluis is nie. Hy is vasbeslote om agter die kap van die byl te kom. Boonop smeer Imelda al te kwistig heuning om Gary (Craig Adriaanse) se mond. Is dit alles dalk deel van ’n groter prentjie?

2

Angie (Char Carrie) is verpletterd ná die verbrokkeling van haar en Wade (Dean Smith) se verhouding. Sy sukkel om tot verhaal te kom. Boonop vryf Wade en Zoë (Lauren Joseph) nog dieper sout in haar wonde. Voordat jy kon sê “mes” is dit duidelik dat ou liefde toe nie geroes het nie en die twee besluit om weer ’n paartjie te wees. Dit is nie  net vir Angie ’n bitter pil om te sluk nie, maar ook vir Wade se familie en vriende.

3

Siya (Gantane Kusch) ontmoet Brendan (Caleb Arnolds) se nuwe vriendin, Mo (Alushay Klazen). Hy besef dat sy nogal ’n hartseer verlede het. Tog is alles nie wat sy voorgee om te wees nie en daar is ’n paar kinkels wat Siya onkant vang.

4

Die Samsodiens, wat vanjaar al ’n hele paar terugslae gehad het – met Kaashifa se tydelike verlies van haar reuksintuig en Mymoena  (Jill Levenberg) se dobbelverslawing – kry eindelik goeie nuus. Dit gaan ’n groot impak op hul almal se lewens hê. 

Suidooster
Die Samsodiens kry uiteindelik goeie nuus. Foto: Verskaf
5

Die Jacobs-gesin kom voor ’n groot toets te staan wanneer hul wêreld op sy kop gekeer word. ’n Skokkende voorval het dramatiese gevolge vir hulle. Dit dwing die aartsvyande, Bridgette (Denise Newman) en Nazeem (Irvine van der Merwe) om kragte saam te snoer.


Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Dit is ook op Catch Up, DStv Stream en Showmax beskikbaar. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies