Menu terloops
In Sepies [26 Mar 2025]

Jou ‘Suidooster’-gids vir April 2025


Lee-Ann is raadop met Carlo en Bianca is (wéér) verlief. Kykers kan na dít en nog meer in April op ‘Suidooster’ uitsien. Hier is ons kykgids.

Stroom 'Suidooster'

Jou ‘Suidooster’-gids vir April 2025

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Suidooster kan verwag.

Dinsdag, 1 April

Carlo vat kanse met sy nuwe werk, maar sal Lee-Ann of Nazeem dit agterkom? Riaan voel skuldig oor Kate, terwyl Bianca al hoe meer eensaam voel.

Woensdag, 2 April

Bianca kry aandag van ’n sjarmante vreemdeling terwyl Riaan steeds skuldig voel teenoor sy ma. Carlo is op die afdraande pad.

Donderdag, 3 April

Bridgette het groot planne om befondsing te kry vir die Kuns Akademie, terwyl Riaan met ’n swaar gemoed voorberei vir sy trippie. Carlo hou aan om grense te toets, en Lee-Ann raak keelvol.

Vrydag, 4 April

Carlo verstaan nie waarom almal so bekommerd oor hom was nie. Bianca wil ’n slag uit die huis kom, en Bridgette se plan verloop nie so vlot as wat sy gehoop het nie.

Maandag, 7 April

Lee-Ann ontdek iets wat haar hare laat rys, terwyl Bianca wag om weer van Mason te hoor. Amore maak vir Elana ’n aanbod.

Dinsdag, 8 April

Bianca word onkant gevang wanneer Mason ’n voorstel maak, terwyl Amore vir Bridgette gebruik om haar sin te kry. Nazeem bied aan om Lee-Ann en Wade met Carlo te help…

Woensdag, 9 April

Carlo baklei met Brendan, terwyl Angie kans kry om as stilis by ’n fotosessie van Pronk te werk. Bianca is tot oor haar ore verlief op Mason.

Donderdag, 10 April

Lee-Ann wil dinge regmaak met Carlo, maar gaan hy haar toelaat om dit te doen? Mason smeek by Bianca om vergifnis, terwyl Elana se eerste dag by haar nuwe werk probleme vir Wade skep.

Vrydag, 11 April            

Wade sien rooi wanneer hy uitvind wat Carlo aan Lee-Ann gedoen het. Mymoena is bekommerd oor Bianca, terwyl Angie daarop aandring om erkenning te kry.

Maandag, 14 April

Angie is op die oorlogspad, en Bianca bevind haar in ’n baie ongemaklike situasie. Lee-Ann is raadop, maar dan doen Carlo iets wat haar heeltemal onkant vang…

Dinsdag, 15 April

Angie se plan om sake moeilik te maak vir Amore werk goed, maar net tot op ’n punt. Bianca speel ’n gevaarlike speletjie, terwyl Nazeem sy voet neersit met Carlo.

Woensdag, 16 April

Lee-Ann reik uit na Carlo, terwyl Bianca amper weer in die moeilikheid beland. Amore vryf vir Susan verkeerd op. 

Donderdag, 17 April

Elana en Susan verskil oor Amore, terwyl Carlo vir Bridgette op haar plek sit. Bianca se skattejag word bederf wanneer sy iemand sien wat haar diep seergemaak het.  

Vrydag, 18 April

Bridgette probeer Lee-Ann opbeur. Daar is moontlike probleme by die Royal en Angie herken haar lipstiffie se kleur op Zoë se lippe. 

Maandag, 21 April

Lee-Ann is desperaat om Carlo terug te kry, en dit skep vir Nazeem ’n gulde geleentheid. Elana is geskok oor Amore se gedrag, en Bianca het ’n nuwe probleem wat sy ten alle koste wegsteek.  

Dinsdag, 22 April

Amore manipuleer Elana en verneder haar assistent, terwyl Bianca weer iets verkeerd doen. Sal Carlo dit regkry om Nazeem se plan met Lee-Ann se bagasie te laat slaag? 

Woensdag, 23 April

Elana voel skuldig oor Demi en probeer dit regstel met ’n groot gebaar. Bianca se waaghalsige gedrag kry ’n nuwe dimensie, terwyl Carlo ’n selfs groter probleem word vir sy familie – én Nazeem.

Donderdag, 24 April

Niemand weet waar Carlo is nie en Lee-Ann begin wonder of sy die polisie moet betrek. Elana deel  haar geheime plan met Susan terwyl Kate snuf in die neus kry oor Bianca.

Vrydag, 25 April

Carlo is in ’n penarie, terwyl Lee-Ann drastiese stappe neem om hom op te spoor. Kate is vas oortuig dat Bianca nie haarself is nie, en Elana sukkel om die modeparade vir Amore weg te steek. 

Maandag, 28 April

Mymoena konfronteer vir Bianca, wat haar nie daaraan steur nie, terwyl Amore met Demi se kop smokkel en haar voor ’n keuse laat. Carlo veg vir sy lewe. 

Dinsdag, 29 April

Elana en Pronk se groot dag breek aan, maar daar is ’n kinkel in die kabel. Bianca sukkel met die lewe. Lee-Ann kry uiteindelik ’n leidraad oor waar Carlo kan wees, maar is dit reeds te laat?

Woensdag, 30 April

Elana hoop Amore sal regmaak waar sy verbrou het. Bianca se dade het ernstige gevolge.


Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies