Menu terloops
In Gons [28 Feb 2024]

Rukwinde tref ‘Suidooster’ in Maart


Met die aanbreek van herfs in Ruiterbosch, is dit nie net die bome se blare wat van kleur verander nie – van die inwoners begin ook hul ware kleure wys…

Stroom Suidooster aanlyn

Rukwinde tref ‘Suidooster’ in Maart

Kyk uit vir dié ses storielynkinkels in Suidooster in Maart.

1

’n Donker wolk hang oor Siya en Danni se huwelik soos hulle sukkel om op dieselfde bladsy oor hul hunkering vir nog ’n kind te kom. Dit begin lyk of die skrif aan die muur vir hierdie verhouding is, want al uitkoms wat hulle sien is egskeiding… Is dit dus die einde van die pad vir die Thulis? Of gaan hulle ’n laaste poging aanwend om hul huwelik te red? 

2

Dit blyk dat Mymoena en Sammy meer as net vriende wil wees, en dit veroorsaak onmin in die Samsodien-gesin. Daar is ook olie op die vuur wanneer Nazeem in Sammy se verlede begin krap en hy ’n baie interessante ontdekking maak. Gaan Nazeem se ammunisie die doodskoot vir Sammy en Mymoena se verhouding wees? 

Suidooster
Ai, hoekom is almal dan so gepla met Mymoena se liefdeslewe? Foto: Verskaf
3

Tim se gekonkel om Bridgette ’n rat voor die oë te draai, begin vrugte afwerp, maar hy het dalk die wa voor die perde gespan. 

4

Daar is groot spanning in die Daniels-huishouding wanneer Ty vir Lee-Ann van ’n nuwe affair beskuldig. Dit is egter nie net Lee-Ann wat moet koes vir Ty se kort lont nie – selfs sy vriende loop deur. Wys hy dalk vir die eerste keer sy ware kleure? Of is daar ’n ander rede vir sy buffelagtige gedrag? 

5

Dit gaan voor die wind met Wade en Angie as hulle onverwagte sterre op sosiale media raak. Maar met roem kom daar ook druk en die hoogste bome vang mos die meeste wind.

6

’n Vernietigende stryd is op Ruiterbosch se horison as Bridgette en haar familie skokkende nuus kry. Die duiwel is behoorlik los wanneer spoke uit die verlede begin loop… 


Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná die uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies