Menu terloops
In Gons [30 Jan 2024]

Kyk uit vir dié agt kinkels in ‘Suidooster’ in Februarie


Gryp na die naaste lamppaal om aan vas te klou, want ’n stormsterk wind word vir Februarie in die kykNET-sepie ‘Suidooster’ voorspel.

Stroom Suidooster aanlyn

Kyk uit vir dié agt kinkels in ‘Suidooster’ in Februarie

Die jaar het rustig genoeg vir die inwoners van Ruiterbosch in die kykNET-sepie, Suidooster, begin, maar in Februarie is daar nie vir ’n enkele karakter rus te vinde nie. Hier is agt storielyn-kinkels waarna kykers in die maand van liefde kan uitsien.

1

Danni en Siya probeer maak of alles normaal is, maar hulle sukkel met die realiteit dat hulle nie kan kinders hê nie. Is die Thuli-egpaar se huwelik in troebel waters? 

Suidooster in Februarie
Gaan Danni en Siya se huwelik oorleef?
2

Dit lyk asof ware liefde wél vir Nazeem bestem is! Hy wend ook regtig ’n poging aan om ’n beter mens te wees. Tog gun sy eks-skelpmie hom nie dié geluk nie. Die gort is behoorlik gaar as Zoë sy verhouding met Laylla in die wiele ry. 

3

Lee-Ann, Bianca en Elana maak gereed om ’n groot funksie te hou om fondse vir die skool se nuwe swembad in te samel… Maar dan steek konflik sy kop uit.  

4

Lee-Ann glo die tyd is ryp vir Bridgette om weer haar hand aan liefde te waag. 

5

Mymoena ontmoet die nimlike Sammy, ’n afgetrede landdros, in die parkie en dit blyk dat dié twee dalk meer as vriende kan wees. Maar Mymoena se kinders is nie te beïndruk met dié verwikkeling nie… 

SUIDOOSTER IN FEBRUARIE 2024
Gaan Mymoena weer ’n kans op liefde kry ná al haar seer? Foto: Skermgreep
6

Wade bied ’n jogaklas aan, maar dit loop skeef. Hy en Angie besluit dan om iets anders te kry om saam te doen. Het hulle uiteindelik hul roeping gevind? 

7

Tim wil graag aan ’n ontwerpkompetisie vir argitekte deelneem, maar Bridgette probeer ’n stokkie daarvoor steek. Gaan dit ’n nuwe oorlog tussen dié twee ontketen? 

8

’n Skokgebeurtenis dompel Ruiterbosch in rou… 


Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná die uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies