Menu terloops
In Sepies [1 Mar 2025]

Hiert! Drama-waarskuwing vir ‘Suidooster’ dié herfs…


Dis herfstyd in die Kaap en met hierdie seisoensverandering waai die winde van verandering baie sterk deur die lewens van die inwoners van Ruiterbosch in ‘Suidooster’ – hier is die top-vyf storielyne om dop te hou.

Stroom 'Suidooster'

Hiert! Drama-waarskuwing vir ‘Suidooster’ dié herfs…

Hou alles wat kan beweeg, baie styf vas in Maart, want dié Suidooster-storielyne gaan jou deurmekaar waai:

1

Kaashifa (Jawaahier Petersen) moet die gevolge van haar dade in die gesig staar. Boonop lyk haar toekoms maar baie donker nadat Rhafiek (Irshaad Ally) gesê het hy wil van haar skei. Dit skep natuurlik ook nuwe spanning in die Samsodien-gesin. Hoe gaan Mymoena (Jill Levenberg) op dié skokkende nuus reageer? Daar is bitter moeilike besluite wat geneem moet word . . .

Suidooster
Die Samsodiens gaan deur diepe waters… Foto: Skermgreep
2

Carlo (Jadon Booysen) spandeer al meer tyd by die Royal en die band tussen hom en Nazeem (Irvine van der Merwe) word al sterker. Nazeem is natuurlik heel in sy noppies met dié aanstelling, want dalk kan hy vir Carlo ’n ding of twee van die lewe leer – of eerder van sy eie interpretasie van die lewe… Gaan Carlo met vuur begin speel en dalk, net dalk, sy vingers verbrand?

3

Met die horlosie wat besig is om vir Cilliers (Laudo Liebenberg) uit te hardloop, het hy belangrike besluite om te neem. Hy spandeer betekenisvolle tye met Elana (Esther van Waltsleben). Maar daar kom ’n tyd wanneer hy sy vriendin moet groet.  

4

Die Suidooster waai boonop ’n nuwe gesig tot binne-in Ruiterbosch! ’n Aantreklike jong blondine, Frankie, kom skiet wortel hier en begin by Oos Wes werk. (Die aktrise wat Frankie vertol, sal binnekort onthul word.) 

5
Suidooster
Justin en Gary sukkel om hul vennootskap te laat werk. Foto: Skermgreep

Justin (Eden Classens) en Gary (Craig Adriaanse) mag dalk die strydbyl oor die app begrawe het en dink hulle is die nuwe Steve Jobs, maar hul nuutgevonde vennootskap is allesbehalwe maanskyn en rose . . .


Kyk Suidooster elke weeksdag om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET & Kie. Dit is ook op DStv Stream en Showmax beskikbaar. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies