Menu terloops
In Sepies [1 Mar 2025]

Hiert! Drama-waarskuwing vir ‘Suidooster’ dié herfs…


Dis herfstyd in die Kaap en met hierdie seisoensverandering waai die winde van verandering baie sterk deur die lewens van die inwoners van Ruiterbosch in ‘Suidooster’ – hier is die top-vyf storielyne om dop te hou.

Stroom 'Suidooster'

Hiert! Drama-waarskuwing vir ‘Suidooster’ dié herfs…

Hou alles wat kan beweeg, baie styf vas in Maart, want dié Suidooster-storielyne gaan jou deurmekaar waai:

1

Kaashifa (Jawaahier Petersen) moet die gevolge van haar dade in die gesig staar. Boonop lyk haar toekoms maar baie donker nadat Rhafiek (Irshaad Ally) gesê het hy wil van haar skei. Dit skep natuurlik ook nuwe spanning in die Samsodien-gesin. Hoe gaan Mymoena (Jill Levenberg) op dié skokkende nuus reageer? Daar is bitter moeilike besluite wat geneem moet word . . .

Suidooster
Die Samsodiens gaan deur diepe waters… Foto: Skermgreep
2

Carlo (Jadon Booysen) spandeer al meer tyd by die Royal en die band tussen hom en Nazeem (Irvine van der Merwe) word al sterker. Nazeem is natuurlik heel in sy noppies met dié aanstelling, want dalk kan hy vir Carlo ’n ding of twee van die lewe leer – of eerder van sy eie interpretasie van die lewe… Gaan Carlo met vuur begin speel en dalk, net dalk, sy vingers verbrand?

3

Met die horlosie wat besig is om vir Cilliers (Laudo Liebenberg) uit te hardloop, het hy belangrike besluite om te neem. Hy spandeer betekenisvolle tye met Elana (Esther van Waltsleben). Maar daar kom ’n tyd wanneer hy sy vriendin moet groet.  

4

Die Suidooster waai boonop ’n nuwe gesig tot binne-in Ruiterbosch! ’n Aantreklike jong blondine, Frankie, kom skiet wortel hier en begin by Oos Wes werk. (Die aktrise wat Frankie vertol, sal binnekort onthul word.) 

5
Suidooster
Justin en Gary sukkel om hul vennootskap te laat werk. Foto: Skermgreep

Justin (Eden Classens) en Gary (Craig Adriaanse) mag dalk die strydbyl oor die app begrawe het en dink hulle is die nuwe Steve Jobs, maar hul nuutgevonde vennootskap is allesbehalwe maanskyn en rose . . .


Kyk Suidooster elke weeksdag om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET & Kie. Dit is ook op DStv Stream en Showmax beskikbaar. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies