Menu terloops
In Wat om te kyk [28 Aug 2024]

Jou ‘Suidooster’-gids vir September 2024


Bridgette het rede tot kommer en wat gaan aan tussen Zoë en Wade? ‘Suidooster’-kykers kan na dít en nog meer in September uitsien. Hier is ons kykgids.

Stroom 'Suidooster'

Jou ‘Suidooster’-gids vir September 2024

Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Suidooster kan verwag.

Maandag, 2 September

Angie vind uit haar stoute foto het nie by Wade uitgekom nie, maar by Justin. Die winde van veranderinge waai deur Ruiterbosch…

Dinsdag, 3 September

Kate keer terug en probeer dadelik help om Angie op te beur. Justin en Elana stamp koppe oor hul nuwe debat, terwyl Gary weer vir Bridgette verkeerd opvryf. 

Woensdag, 4 September

Susan wonder oor haar en Elana se verlede en toekoms. Bridgette is bekommerd oor Zoë se verhouding met Gary, terwyl die foto’s wat Angie laat neem het ’n ernstige nadraai het.

Donderdag, 5 September

Angie bevind haar in ’n onmoontlike situasie, terwyl Lee-Ann veg vir wat sy glo reg is. Gary word behoorlik in die bek geruk, en Zoë doen iets onverwags.

Vrydag, 6 September

Riaan gaan ’n toekenning kry vir ’n vorige projek waaraan hy gewerk het. Susan kry ’n bevlieging en Angie kan nie wag om Wade weer te sien nie.

Maandag, 9 September

Wade moet gewoond raak aan Gary en Zoë as ’n paartjie, terwyl Riaan voor ’n moeilike besluit te staan kom. Elana en Justin se debat neem ’n onverwagse wending.

Dinsdag, 10 September

Riaan weet nou presies waar hy met JPD staan, terwyl Elana en Susan nie op dieselfde bladsy is nie. Kaashifa kan sweer sy het Imelda al iewers ontmoet, maar sy is blykbaar verkeerd.

Woensdag, 11 September

Bianca ontdek iets oor Riaan. Susan maak ’n verskoning op as Elana aandring op die waarheid, terwyl Zoë ’n besluit oor haar en Gary neem.

Donderdag, 12 September            

Bianca wil vir Riaan die waarheid vertel, maar sal hy haar vergewe? Wade en Zoë baklei oor hul gevoelens vir mekaar, terwyl Justin en Kate koppe stamp.

Vrydag, 13 September

Sal Gary stilbly oor Zoë en Wade? Imelda sit vir Riaan onder druk en die grootste struikelblok vir die dit wat Kate en Justin in die geheim beplan, is… Justin self.

Maandag, 16 September

Riaan het sy hande vol met Imelda, terwyl Kaashifa vrae vra wat mense verkeerd opvryf. Kate en Justin beland in die sop, en Zoë probeer die regte ding doen ten spyte van haarself.

Dinsdag, 17 September

Lee-Ann vind uit daar is ’n probleem met Imelda se projek. Die geluk is aan Justin se kant, terwyl Kaashifa tot ’n skokbesef kom.

Woensdag, 18 September

Huweliksklokkies lui in Ruiterbosch, terwyl Nazeem tot Bennie se redding kom. Imelda probeer die regte ding doen.

Donderdag, 19 September

Imelda maak oop teenoor Bridgette en onthul ’n paar goed oor haarself. Riaan moet dringend Kwaggabaai toe gaan, terwyl Gary iets skokkend aan Angie onthul.

Vrydag, 20 September

Kaashifa en Mymoena pleit by Bridgette om Imelda vir ete te nooi, en Justin kry ’n baie onfikse Siya onder hande. Dinge ruk handuit op Kwaggabaai, terwyl die vonke weer tussen Angie en Zoë spat.

Maandag, 23 September

JPD het ’n boukrisis, of kan Imelda die saak oplos? Angie gaan nie net terugsit en toekyk nie, terwyl Kaashifa toenemend desperaat word om tot Imelda deur te dring

Dinsdag, 24 September

Wade is in sak en as oor die toekoms. Siya is op ’n missie om gewig te verloor, terwyl Riaan wonder of Imelda ’n verskuilde agenda het.

Woensdag, 25 September

Riaan ontdek iets vreemds, maar sy bevindinge ontlok gemengde reaksies. Wade se dag is vol teleurstellings, struikelblokke en ’n baie onverwagse kinkel…

Donderdag, 26 September

Bridgette trap vir Riaan uit oor sy beskuldigings. Siya kom oral voor versoekings te staan, terwyl Susan vir Zoë stof tot nadenke gee.

Vrydag, 27 September

Die Samsodiens en Riaan versoen met Imelda, terwyl Lee-Ann iets tussen Wade en Zoë oplet. Bennie en Carlo beleef iets skokkend…

Maandag, 30 September

Lee-Ann is briesend vir Riaan, terwyl Siya en Aiden hul lywe ysterman probeer hou. Kaashifa se dag word bederf, terwyl Riaan vir Imelda voor almal aanvat.


Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies