Menu terloops
In Gons [2 Okt 2023]

‘Suidooster’: Drie nuwe gesigte bring drie keer meer drama


Die akteurs Duane Williams, Craig Adriaanse en Zandélle Meyer sluit by die kykNET-sepie ‘Suidooster’ se rolverdeling aan.

Kyk nou

‘Suidooster’: Drie nuwe gesigte bring drie keer meer drama

Ná ’n dramatiese winter in Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar die kykNET-sepie Suidooster afspeel, blyk dit dat daar ’n hele paar onverwagte kinkels en verrassings op kykers wag. 

In die komende weke gaan drie nuwe karakters hul verskyning in Suidooster maak.

Dié drie gaan vir ’n onvoorspelbare dinamika sorg, sê die sepie se publisiteitsbestuurder, Wilmer Müller. 

“Die afgelope weke moes kykers toekyk hoe Ty (Maurice Paige) en Lee-Ann (Portia Joel) se huwelik getoets word, maar binnekort gaan daar meer ernstige krake begin wys,” sê hy. 

“ ’n Baie sjarmante eks van Lee-Ann kom maak ’n onverwagte draai in Ruiterbosch en Alex voorspel net moeilikheid.” Gaan dit ’n kwessie van ‘ou liefde roes nooit nie’ wees? 

Alex word deur Duane Williams, wat ook in die kykNET-dramareeks Fraksie te sien was, vertolk. 

Duane Williams, Suidooster
Duane Williams. Foto: Verskaf

Nóg ’n bekende vir kykNET-kykers wat sy Suidooster-debuut maak, is die voormalige Arendsvlei-akteur Craig Adriaanse. Hy gaan as Gary Booysen, Aiden (Theodore Jantjies) se broer, te sien wees. 

Suidooster is een van die beste stelle waarop ek al gewerk het.

Craig Adriaanse

Volgens Craig, wat ook deesdae ’n veldaanbieder vir die Kaapse radiostasie KFM is, is dit vir hom ’n loopbaanhoogtepunt om in Suidooster te speel. 

Suidooster as produksie is ongelooflik goed georganiseerd, en dit is een van die beste stelle waarop ek al gewerk het. Die span werk verskriklik hard om alles vlot te laat verloop. Die akteurs is ook lekker mense en geniet wat hulle doen, wat ook ’n aangename atmosfeer skep”.

Craig Adriaanse, Suidooster
Craig Adriaanse. Foto: Verskaf

Craig sê sy karakter kom Ruiterbosch toe met die hoop om sy plek in die lewe te vind, maar dat die 23-jarige Gary ’n Gen-Z is wat allerhande maniere soek om maklik geld te maak. 

“Hy is nie ’n slegte persoon nie, maar hy dink nie altyd voor hy iets doen of aanpak nie. En dade het natuurlik gevolge.”

Suidooster verwelkom ook later in Oktober vir Zandélle Meyer. Dié aktrise het vroeër vanjaar vir die eerste keer haar sepieskoene vir ’n rol in Binnelanders aangetrek.  Sy vertolk die rol van Veroné Momberg, ’n familielid van Elana (Esther van Waltsleben), en is ’n Namibsrosie van Mariental, Namibië. 

Zandelle Meyer, Suidooster
Zandélle Meyer. Foto: Verskaf

Zandélle beskryf haar karakter as ’n plat op die aarde, onskuldige en goedopgevoede plaasmeisie. 

“Veroné staan op trou met haar skoolliefde, wat een van die boere op die dorp is, en sy kom Kaap toe vir haar troureëlings. Maar met haar eerste intrapslag oorweldig die stadslewe en vinnige pas haar,” sê sy.

“Elana neem haar onder haar vlerk terwyl sy haar trougoedjies kan afhandel. Maar haar tydjie in Ruiterbosch word so effens verleng wanneer haar en Justin (Eden Classens) se paaie kruis.”


Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
10

Gesinsvermaak: Kyk dié 10 reekse en flieks saam-saam

Van ‘Finding Optel’ en 'The Wild Robot' tot ‘Fuller House’ en 'Een keer om die son' – daar is heelparty TV-reekse en flieks wat jy oor die lang skoolvakansie as gesin saam kan kyk. 

Meer
3

‘Skemergrond’ in Desember: Hou dié storielyne dop

'Skemergrond' se mense beleef ’n stormagtige Desember met van liefde wat blom tot pynlike herlewings uit die verlede. Hier is die storielyne wat jy vandeesmaand moet dophou.

Meer
Sien alle opsies