Menu terloops
In Gons [28 Mar 2024]

‘Suidooster’: Dié vyf kinkels gaan in April die tonge los hê


Dit mag dalk herfs in Ruiterbosch wees, maar wees gewaarsku: daar is ’n paar (‘Suidooster’-)storms op die horison…

Stroom Suidooster aanlyn

‘Suidooster’: Dié vyf kinkels gaan in April die tonge los hê

Kyk uit vir dié vyf storielynkinkels in Suidooster in April.

1

Ian October mag dalk dood wees, maar sy spook loop in Ruiterbosch. En boonop is dit ’n geval van “die een se dood, is die ander se brood…” Ná Pam October se skokonthulling dat Ian eintlik Zoë se biologiese pa is, gryp Tim die kans van ’n leeftyd aan om vir eens en vir altyd Bridgette tot ’n val te bring. ’n Volskaalse oorlog breek tussen dié twee uit en Tim kry ook hulp van Nazeem om sy wraakplan uit te voer. 

Tim dink hy gaan uiteindelik vir Bridgette uitoorlê. Foto: Verskaf
2

Bridgette is nie die enigste Jacobs wat ’n krisis in die gesig staar nie, want Lee-Ann se wêreld word omvergewerp as gevolg van Ty se breingewas wat terug is. Hy neem ook ’n drastiese besluit. 

3

Met Siya en Danni se huwelik wat op die rotste is, probeer beide met hul lewens aangaan. Dít blyk egter makliker vir Danni as vir Siya… Dit lyk of sy meer as net vertroosting in haar ekskêrel, Aiden, se arms vind. Dalk was Siya tog nie verniet paranoïes tydens hul huwelik nie? 

4

Gary keer ook terug na Ruiterbosch en dié keer is hy hier om te bly. 

5

Susan kry ’n raaiselagtige oproep by Radio Dassie, wat interessante gevolge vir haar het.  


Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies