Menu terloops
In Gons [28 Mar 2024]

‘Suidooster’: Dié vyf kinkels gaan in April die tonge los hê


Dit mag dalk herfs in Ruiterbosch wees, maar wees gewaarsku: daar is ’n paar (‘Suidooster’-)storms op die horison…

Stroom Suidooster aanlyn

‘Suidooster’: Dié vyf kinkels gaan in April die tonge los hê

Kyk uit vir dié vyf storielynkinkels in Suidooster in April.

1

Ian October mag dalk dood wees, maar sy spook loop in Ruiterbosch. En boonop is dit ’n geval van “die een se dood, is die ander se brood…” Ná Pam October se skokonthulling dat Ian eintlik Zoë se biologiese pa is, gryp Tim die kans van ’n leeftyd aan om vir eens en vir altyd Bridgette tot ’n val te bring. ’n Volskaalse oorlog breek tussen dié twee uit en Tim kry ook hulp van Nazeem om sy wraakplan uit te voer. 

Tim dink hy gaan uiteindelik vir Bridgette uitoorlê. Foto: Verskaf
2

Bridgette is nie die enigste Jacobs wat ’n krisis in die gesig staar nie, want Lee-Ann se wêreld word omvergewerp as gevolg van Ty se breingewas wat terug is. Hy neem ook ’n drastiese besluit. 

3

Met Siya en Danni se huwelik wat op die rotste is, probeer beide met hul lewens aangaan. Dít blyk egter makliker vir Danni as vir Siya… Dit lyk of sy meer as net vertroosting in haar ekskêrel, Aiden, se arms vind. Dalk was Siya tog nie verniet paranoïes tydens hul huwelik nie? 

4

Gary keer ook terug na Ruiterbosch en dié keer is hy hier om te bly. 

5

Susan kry ’n raaiselagtige oproep by Radio Dassie, wat interessante gevolge vir haar het.  


Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies