Menu terloops
In Sepies [6 Sep 2023]

‘Suidooster’: Dié nuwe karakter bring ‘drama, skurke en komedie’


Die veteraanakteur Jürgen Hellberg is nou in die kykNET-sepie ‘Suidooster’ te sien as die rustige, cool ou rocker Rassie Viljoen… Maar daar is niks rustig aan die drama wat hom vergesel nie…

Stroom Suidooster aanlyn

‘Suidooster’: Dié nuwe karakter bring ‘drama, skurke en komedie’

Eers Kitte Muller in Binnelanders, toe Charlie in Getroud met Rugby, en nou ene Rassie Viljoen in Suidooster: die gesoute akteur Jürgen Hellberg is geen vreemdeling in sepieland nie.

Ander bekende Afrikaanse reekse waarin hy te sien was, sluit onder meer Die Vierde Kabinet, Arsenaal en Erfsondes in. Hy het egter veral bekendheid verwerf vir sy karakter in Binnelanders, ’n rol wat hy vir sowat vier jaar vertolk het tot en met sy karakter se omstrede dood in 2009. 

Volgens Hellberg is sy Suidooster-karakter ’n rustige, cool ou rocker wat nou ’n radiostasie bestuur. En ook ’n oog vir ’n mooi vrou het…

“Rassie het ook ’n tikkie ‘skelmgeit’ in hom, maar natuurlik op die mooiste moontlike manier,” sê hy.

“Hierdie karakter bring liefde, skurke, musiek, drama en ’n bietjie komedie na Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel.”

Volgens Hellberg geniet hy sy tyd op die Suidooster-stel.

“Almal is so gaaf en vriendelik – van die bestuur, die ateljeespan, die akteurs en regisseurs tot by die sjef in die kantien.

“Dit was vir my ’n vars, nuwe wêreld met ou vriende en kollegas, maar ook baie nuwes – oud en jonk. Die talent is verstommend, en die wyn in die Kaap is ook nie sleg nie.”

Om op ’n sepiestel te wees, kom ook met sy uitdagings, sê hy.

“Die pas is vinnig, intens en meedoënloos. Ek geniet die druk, maar ek kan nie sê ek verkies dit bo gewone TV-dramas en rolprente nie.

“Toneelspel is toneelspel en ek geniet dit, maak nie saak watter genre of medium nie,” verduidelik hy.

Volgens Suidooster se publisteitsbestuurder, Wilmer Müller, gaan Jürgen se karakter vir ’n paar ligte oomblikke besorg, veral as Rassie en Kate (Annelisa Weiland) mekaar van nader leer ken.

“Andersins wag daar weer eens behoorlike naelbyt-sepiedrama in die komende weke,” sê Müller.

Terwyl die inwoners se hegte vriendskappe met mekaar dalk iets van die verlede is, het Nazeem (Irvine van der Merwe) ook weer ’n nuwe onderduimse plan.

“Oudergewoonte gee hy nie om wie in die proses seerkry nie. Daar is ook hernude spanning in die Samsodien-gesin.”

Suidooster, wat in 2022 met ’n Safta-toekenning as beste sepie bekroon is, het ook onlangs by die Silwerskerm-toekennings die beste televisieoomblik-kategorie gewen.


Suidooster word Maandae tot Vrydae om 18:00 op kykNET en om 18:30 op kykNET & kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Dit is ook op DStv Stream beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
10

Gesinsvermaak: Kyk dié 10 reekse en flieks saam-saam

Van ‘Finding Optel’ en 'The Wild Robot' tot ‘Fuller House’ en 'Een keer om die son' – daar is heelparty TV-reekse en flieks wat jy oor die lang skoolvakansie as gesin saam kan kyk. 

Meer
3

‘Skemergrond’ in Desember: Hou dié storielyne dop

'Skemergrond' se mense beleef ’n stormagtige Desember met van liefde wat blom tot pynlike herlewings uit die verlede. Hier is die storielyne wat jy vandeesmaand moet dophou.

Meer
Sien alle opsies