Menu terloops

Succession S1-4

Op Showmax [Gepubliseer op 27 Mar 2023]


Niemand kan jou ooit so diep in die rug steek soos jou eie familie nie…

Kyk nou

Succession S1-4
Kyk lokprent

The Guardian verwys na die satirisie dramareeks Succession as “Game of Thrones met werklike bloed: ons s’n”.

Dié bekroonde blik op die mag van rykdom – hetsy om verwoesting te saai, lewens te vernietig, redder te speel of wat nog – se vierde (en finale seisoen) begin 27 Maart 2023 op Showmax.

Dis storie draai om ’n opvolgstryd wat in ’n rugsteek-oorlog ontaard as die patriarg en sakemagnaat Logan Roy (Brian Cox) se gesondheid ’n knou kry. Maar die man klou vas aan sy heerskappy en meen nie een van sy vier kinders – Connor, Kendall, Roman en Shiv – is opgewasse om die taak by hom oor te neem nie. 

Die nuwe seisoen begin met Waystar Royco amper in die hande van die tech visionary, Lukas Matsson (Alexander Skarsgård). Dís ’n vooruitsig wat eksistensiële angs en verdeeldheid onder die Roys aanvuur… Veral omdat hulle heelwat minder belangrik gaan wees as dié deal eers deur is. 

Succession het ’n algehele punt van 97% op Rotten Tomatoes. Buzzfeed verwys na die reeks as “die toppunt van televisie”. 

Jeremy Strong is in die rol van Kendall, Kieran Culkin vertolk Roman en Sarah Snook vir Shiv. Connor (Alan Ruck) is die oudste seun uit Logan sy eerste huwelik.

Vang op met die eerste drie seisoene op Showmax voordat jy die vierde aflewering aanpak.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies