Menu terloops
In How-to's [19 Feb 2024]

Spaar só data as jy Showmax stroom


Daar is so baie lekker programme op die nuwe Showmax…maar data is nie juis goedkoop nie. Daar is egter heelwat maniere om beheer oor jou dataverbruik en -kostes tydens binge-sessies te neem.

Spaar só data as jy Showmax stroom

Hier is ’n kort lys van verskillende maniere om Showmax se ingeboude databesparingsopsies te gebruik en so die hoeveelheid data wat jy gebruik, te beperk.

    Showmax
    Showmax het verskillende verstelling vir streaming op jou slim-TV, via die webwerf, of via die app op byvoorbeeld jou selfoon.
    1

    Gebruik Showmax-bandwydtebeperking

    Showmax se bandwydte-beperkingsfunksie laat jou toe om te beheer hoeveel data gebruik word wanneer jy stroom. Jy kan jou gebruik tot so min as 40MB (op jou selfoon) beperk. Regstreekse uitsendings, soos die sokker, kan wel dataverbruik opstoot.

    As jy in HD wil kyk, kies Best – dit gee jou die hoogste moontlike gehalte teen 1.2GB per uur. Maar as jy eerder data wil spaar, of as jy konneksie stadiger is, kan jy die gehalte tot so laag as 288p stel, wat slegs sowat 100MB/h gebruik.  

    • Gaan na Account Settings. Op mobiele toestelle kan jy dit vind onder jou profielikoon regs onder op die skerm, terwyl op die webwerf en op slim-TV’s, dié ikoon gewoonlik regs bo is.
    • Kies die Data Settings-opsies.
    • Gaan deur die opsies en kies een wat jou behoeftes die beste pas.
    • Op jou mobiele toestelle kan jy ook reekse aflaai of slegs oor wifi stroom, wat ook help om data te bespaar.
    2

    Laai af op mobiele toestelle en kyk offline

    Showmax gee jou die opsie om enige program of fliek op Wi-Fi af te laai en offline op slimfone of tablette te kyk met die Showmax-app vir Android en iOS. Geen data is dus nodig om te kyk nadat jy dit afgelaai het nie. Dit is besonders handig as jy iewers sonder internet gaan wees. Of, jy weet, as die krag wéér afgaan…

    3

    Verminder aflaai-kwaliteit om data (en spasie) te bespaar

    As jy jou selfoondata moet gebruik om programme af te laai, of as die stoorspasie op jou toestel min raak, maak gebruik van die Showmax-gehaltestellings vir jou downloads.

    Wanneer jy ’n titel kies om af te laai, sal jy uit verskillende kwaliteitstellings kan kies. Hoe laer die kwaliteit wat jy kies, hoe minder data sal jy gebruik en hoe minder spasie sal die lêer op jou toestel opneem.

    Só kan jy die die data wat jy sal gebruik om ’n uur lange episode af te laai, van ongeveer 1GB tot 180MB verminder.

    4

    Gebruik gratis Wi-Fi hotspots

    Die beste manier om data te spaar is om geen data te gebruik nie! Duh.

    Stroom of download jou programme terwyl jy op jou middagete by die werk is, as jy in ’n koffiewinkel of by jou vriend se ouers se huis is. Enige plek waar jy nie vir die Wi-Fi hoef te betaal nie. (It’s our little secret!)

    Wat, waar en wanneer?

    Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

    Sien ook Meer

    Jy sal hou van:

    8

    ‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

    Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

    Meer

    Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

    Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

    Meer

    Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

    Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

    Meer

    Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

    Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

    Meer
    Sien alle opsies