Menu terloops

Son of a Critch S1-2

Op Showmax [Gepubliseer op 11 Okt 2023]


‘Son of a Critch’ is ’n hartverwarmende blik op hoe ’n tienerseun die uitdagings van grootword probeer omseil. 

Stroom nou

Son of a Critch S1-2
Kyk lokprent

Die eerste seisoen van die skaterlag-snaakse Son of a Critch het volpunte op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes en is reeds vir ’n derde seisoen hernu. 

In die tweede seisoen van die hartverwarmende reeks begin die nuwe skooljaar met nuwe uitdagings vir die tiener Mark Critch. Daar’s sy eerste fight, sy eerste bier… en selfs sy eerste paar jeans (wie op aarde onthou hul eerste paar jeans?!). Maar hoe groter geliewe Mark se lewe raak, hoe meer gekompliseerd raak dinge ook. 

Die storie is gegrond op die gelyknamige memoir deur die akteur en TV-skepper Mark Critch en vertel oor sy grootwordjare in die 1980’s as ’n tiener in Kanada se Newfoundland en Labrador. Terwyl Benjamin Evan Ainsworth (Pinocchio) die jong Mark vertolk, is die werklike Mark ook in die rolverdeling as sy pa. Malcolm McDowell (A Clockwork Orange) speel sy oupa.

John Doyle van The Globe & Mail skryf: “In ’n reeks wat probeer om ’n delikate balans tussen humor en hartverwarmende oomblikke te vind, is dit die suiwer pret wat jou vasgenael hou. 


Die tweede seisoen is vanaf 11 Oktober 2023 op Showmax beskikbaar. Die eerste seisoen van Son of a Critch is ook op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies