Menu terloops
In Gons [7 Apr 2025]

Wilhelm van der Walt oor ‘Skemergrond’ se Dirk: ‘Hy vernietig mense se lewens’


Dirk Maritz het omtrent amok gemaak met sy eerste verskyning in ‘Skemergrond’ – en nou is dié karakter terug om seker te maak sy gesin se geheime bly diep, diep begrawe. Wilhelm van der Walt, wat dié rol vertolk, vertel meer.

Wilhelm van der Walt oor ‘Skemergrond’ se Dirk: ‘Hy vernietig mense se lewens’

Ons het Wilhelm van der Walt se Skemergrond-karakter, Dirk, destyds ontmoet toe hy sy ma, Tillie (Deirdre Wolhuter), uit sy pa, Willem (Deon Lotz), se kloue kom red het, maar dinge het lelik skeefgeloop en Willem is in ’n struweling dood. Dirk en Tillie het daarna Willem se lyk op Everlasting gaan begrawe en nooit weer ’n woord daaroor gerep nie. 

Wilhelm van der Walt, Skemergrond, Dirk
Ons het Wilhelm van der Walt se Skemergrond-karakter, Dirk, destyds ontmoet toe hy sy ma, Tillie (Deirdre Wolhuter), uit sy pa se kloue kom red het. Foto: Verskaf

Wilhelm beskryf sy karakter as ’n “tipiese go-getter en sakeman” wat die lewe in die groot stad geniet nadat hy op Gemoedsdrif grootgeword het. Dirk het op die plaas Langverloren gewoon en het gemengde gevoelens oor sy kinderjare. Hy was mal oor die plaas, maar daardie liefde is deur sy aanmatigende pa oorskadu. In so ’n mate dat hy van sy eie herkoms en geskiedenis op die plaas vergeet het en net dollartekens in sy oë het.

Wilhelm sê hy geniet Dirk se dryfkrag en ambisie die meeste. “Hy het ’n no-nonsense-houding en voel die wêreld skuld hom iets… En hy verwag om te kry wat hy wil hê.”

Wilhelm van der Walt, Skemergrond, Dirk
“Hy het ’n no-nonsense-houding en voel die wêreld skuld hom iets… En hy verwag om te kry wat hy wil hê,” vertel die akteur Wilhelm van der Walt oor sy Skemergrond-karakter, Dirk. Foto: Verskaf

Aan die ander kant is daar die meer komplekse sy van Dirk. “Die dele waar hy worstel met morele besluite oor goed en kwaad is uitdagend. Hy dink hy doen goed, maar terselfdertyd vernietig hy ook mense se lewens.”

Hy sien wel ’n bietjie van homself in Dirk, gee Wilhelm toe. “Ek is baie ambisieus en gedrewe soos hy. Ek is ook baie lief vir my ma en sal haar altyd eerste stel. Ek is wel nie so manipulerend en intimiderend soos hy nie.”

‘Een groot familie’

Wilhelm is mal daaroor om op die stel van Skemergrond te werk. “Ek geniet die mense vreeslik baie. Ek ken meeste van die groep van my Arendsvlei-dae af (waar hy Arnold Bekker vertolk het). Almal is een groot familie met baie respek vir mekaar en vir wat elkeen se verantwoordelikheid is.”

En om teenoor Deirdre en Dirk Stoltz te speel, bring hom groot vreugde. “Hulle is twee sulke powerhouse-akteurs. So, ek geniet dit vreeslik. Deirdre doen so baie voorbereiding, en ’n mens kan dit in haar werk sien. Sy is gefokus en gee my die vertroue en fokus om my werk goed te kan doen.”

Buiten Skemergrond, is Wilhelm vanjaar besig met drie toneelstukke wat na die kunstefeeste gaan. “Ek gaan ook my eerste eenmanvertoning aanbied, waarna ek baie uitsien,” sê hy. 


Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies