Menu terloops
In Sepies [29 Apr 2025]

Jou ‘Skemergrond’-gids vir Mei 2025


Tillie en Dirk is in groot moeilikheid terwyl Lily en Amber sukkel om mekaar te vind. En dan maak Lily boonop haar hart oop teenoor Ruan… Dít en nog meer is waarna ‘Skemergrond’-kykers in Mei kan uitsien.

Stroom 'Skemergrond' aanlyn

Jou ‘Skemergrond’-gids vir Mei 2025

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Skemergrond kan verwag.

Donderdag, 1 Mei

Christine betrek Kirby en Tyler by haar plan. Gloria speel oop kaarte met Kevin. Ruan begin aan sy eerste leidrade werk.

Maandag, 5 Mei

Kirby en Amber moet die woonstel spoedig verlaat. Ruan ondervra Manny oor Willem se moord. Hazel en JP is bekommerd oor die aflewerings.

Dinsdag, 6 Mei

Tillie probeer haar bes om haar geheim te bewaar. Ruan maak ’n deurbraak in Willem se saak. Christine probeer vir Amber kry om haar te vertrou.

Woensdag, 7 Mei

Christine het vir Amber waar sy haar wil hê. Kevin se groot voorlegging is vandag. Ruan is ’n bloedhond wat soek na ’n moordenaar.

Donderdag, 8 Mei

Dirk besef hy moet iets drasties doen om Tillie te beskerm. Lily maak ’n skokkende ontdekking oor Christine. Gloria besef Kevin jok vir haar.

Maandag, 12 Mei

Die Louws is woedend om te hoor dat Christine vir Amber in haar kloue het. Dirk is ontsteld dat Tillie skuld vir Willem se moord erken het. Gloria oorreed vir Kevin om Gemoedsdrif toe te trek.

Dinsdag, 13 Mei          

Jasmine en JP stem nie saam oor Tillie se onskuld nie. JP stel Lily in kennis dat hulle vir Amber huis toe gaan bring. Kevin sê vir Ragel en Patty dat hy terug Gemoedsdrif toe trek.

Woensdag, 14 Mei

Christine bied aan dat Amber en Kirby by haar kom woon. Tillie en Dirk het hul borgtog-verhoor. Lily bly oortuig dat sy vir Amber spasie moet gee.

Donderdag 15 Mei

Amber maak ’n skokkende ontdekking oor haar lewe in Kaapstad. Tillie en Dirk probeer sin maak van hul nuwe realiteit. Gloria hoop sy het ’n oplossing vir haar grootste probleem.

Maandag, 19 Mei

Amber verdwyn en Kirby raak paniekerig. Tillie is vasbeslote om by haar storie te hou. Gloria maak gereed vir die groot trek.

Dinsdag, 20 Mei

Amber wil hê die waarheid oor Abel moet uitkom. Gloria vind ’n foto van ’n jonger Kevin en ’n ouer vrou. Tillie en Dirk berei vir die hofsaak voor.

Woensdag, 21 Mei

Lily en Amber kan mekaar nie vind nie. Gloria sukkel om haar stalletjie te los en die Maritz-hofsaak begin. Lily verklaar haar liefde aan Ruan.

Donderdag, 22 Mei

Jasmine en JP probeer hul bes met hul getuienis. Gloria sukkel met al die veranderinge. Erica konfronteer Louis oor sy gesprek met Christine.

Maandag 26 Mei

Samantha gee vir Tillie en Dirk ’n moeilike tyd in die hof. Gloria en Chelsea kom tot ’n vergelyk. Kevin kry slegte nuus. Lily soek toenadering tot Amber.

Dinsdag, 27 Mei

Tillie en Dirk se prokureurs lewer hulle slotbetoë en Samantha ondermyn hulle dadelik. Louis deel sy vrese met Junior wat hom nuwe insig gee. Kevin gaan sien JP met slegte nuus.

Woensdag, 28 Mei

Gloria besluit om saam met Kevin te gaan. Die landdros maak sy uitspraak. Louis vertel Erica van Junior se seer. Dirk is bekommerd oor sy besigheid en reputasie.

Donderdag, 29 Mei

Ná ’n skokontdekking, klop Christine by Sonja aan vir hulp. Harry deel iets met Dirk wat hom vuur laat spoeg. Dis tyd vir Abel se opgrawing, en die dag is vol verrassings…


Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies