Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Skemergrond kan verwag.
Maandag, 2 Junie
Christine vind ’n versteekte sleutel in Sonja se handsak. Erica en Hazel moet die kinders vertel dat die gedenkdiens afgestel is. Dominee gee Dirk iets om oor te dink.
Dinsdag, 3 Junie
Amber konfronteer Louis en besef haar pyn is nie haar eie nie. Christine maak ’n skokkende ontdekking. Tillie en Dirk probeer saam vrede vind.
Woensdag, 4 Junie
Brandon is nog in sak en as. Amber is bang sy gaan soos Abel word. Christine en Sonja kry goeie nuus. Patty neem beheer van ’n skynlik onmoontlike situasie.
Donderdag, 5 Junie
Die Louws kry slegte nuus rakende hul grond. Patty sukkel maar weier om op Brandon op te gee. Ragel se wysheid vermag wat Lily nie kon nie.
Maandag, 9 Junie
Lily en Hazel moedig Jasmine aan om met Sonja te praat. Ruan en Lily se verhouding verdiep. Erica en Amber kom tot nuwe insigte oor hulle susterskap.
Dinsdag, 10 Junie
Die Louws en die Van As’e maak beide skokontdekking rakende die grond. ’n Onverwagse persoon gee vir Ruan liefdesraad. Die geheimsinnigheid rondom Brandon neem ’n drastiese wending.
Woensdag, 11 Junie
Patty help vir Brandon en besluit om ’n oog op hom te hou. Jasmine en JP probeer desperaat om ’n oplossing te vind. Sonja wonder oor Christine se bedoelings.
Donderdag, 12 Junie
Hazel neem ’n desperate besluit om haar familie teen Christine te beskerm. Patty probeer haar bes om Brandon teen homself te beskerm. Ruan wil Lily verras.
Maandag, 16 Junie
Ruan is bekommerd sy maniere is te outyds. Patty maak goeie vordering met Brandon. Die Louws vrees vir die ergste met Christine wat om hulle draai.
Dinsdag, 17 Junie
Erica en Ragel vind uit dat Christine die water weggevat het. Tillie bied aan om water van Lang Verloren te verskaf. Patty daag Brandon uit wanneer hy met die idee van terapie sukkel.
Woensdag, 18 Junie
Die Louws verwerp Tillie se aanbod, maar wat is volgende? Ronnie het idees vir ’n nuwe begin. Erica wonder oor Patty en Brandon se nuwe vriendskap.
Donderdag, 19 Junie
Jasmine hoop vir ’n wonderwerk sodat hulle die lening se paaiement kan betaal. Erica en Hazel bespreek hoe die trauma hul kinders affekteer. Brandon vind weer sy liefde vir dans.
Maandag, 23 Junie
Christine probeer hard om mense oor te wen. Auntie Jane moedig Brandon aan om weer te dans maar dinge loop skeef. Die jongklomp wend ’n poging aan om die plaas te red.
Dinsdag, 24 Junie
Junior sukkel om die gebeure op die plaas te verwerk. Lily konfronteer vir Christine, en dit tref haar hard. Patty bied vir Brandon ’n moontlike uitweg.
Woensdag, 25 Junie
Tyler probeer Christine red. Genie belowe om die Louws te help. Amber klop by Ragel aan vir nog raad. Hazel vertroos ’n hartseer Junior.
Donderdag, 26 Junie
Christine tart Jasmine dat sy by die veiling gaan wees. Genie laat Ruan onseker voel oor sy verhouding met Lily. Amber is vasberade om water te vind.
Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.