Menu terloops
In Wat om te kyk [27 Des 2024]

Jou ‘Skemergrond’-gids vir Januarie 2025


Die Louw-familie sukkel om hul Everlasting te red en Christine sit haar bose planne voort. Dít en nog meer is waarna ‘Skemergrond’-kykers in Januarie kan uitsien.

Stroom 'Skemergrond' aanlyn

Jou ‘Skemergrond’-gids vir Januarie 2025

Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Skemergrond kan verwag.

Woensdag, 1 Januarie

Tillie en Dirk moet moeilike besluite neem oor Willem. Erica staan op vir die Louws wanneer die dorp begin skinder. Amber probeer tot Louis deurdring.

Donderdag, 2 Januarie

Junior word beseer tydens sy oefensessie. Gloria verloor haar humeur en maak oop teenoor Tasneem. Jasmine vind uit dat die hele dorp oor Ronnie se egbreek gons. 

Maandag, 6 Januarie

Junior is gefrustreerd dat hy nie kan oefen nie. Dirk rig ’n verrassende versoek aan Manny. Ronnie se praktyk staan leeg en hy konfronteer Christine daaroor.

Dinsdag, 7 Januarie

Tillie se skuldgevoelens spook by haar. Kevin probeer uitreik na Gloria. Die Louws sukkel om meer kliënte te kry om die leningspaaiement te betaal.

Woensdag, 8 Januarie

Die Louws kry goeie nuus, maar is Christine in beheer? Kevin maak ’n deurbraak met Gloria, maar Manny waarsku hom om nie te opgewonde te raak nie. Junior is desperaat vir nog pynmedikasie.

Donderdag, 9 Januarie

Junior glip weg met die vervalste voorskrif. ’n Kliënt plaas ’n bestelling, maar die Louws besef daar’s ’n tekort aan blomme. Beeno laai Gloria laatnag alleen in ’n gevaarlike area af.

Maandag, 13 Januarie              

Lily laat Hazel weet dat Junior in ’n ongeluk was. Kevin gee vir Gloria ’n foon sodat hulle in kontak kan bly. Christine kontak Josephine om die Louws se kliënte te steel.

Dinsdag, 14 Januarie

Hazel en Ronnie blameer mekaar vir Junior se ongeluk. Beeno beveel Warren om uit te vind of enigiets met Gloria aan die gang is. JP en Jasmine probeer vrede maak met Hazel.

Woensdag, 15 Januarie

Kevin doen amper iets wat hy berou. Die Louws besluit om nóg ’n geheim van Hazel te hou. Manny bok-bok by Tillie. Junior begin in depressie verval.

Donderdag, 16 Januarie

Beeno raak al meer agterdogtig oor Gloria se bewegings. Ronnie is desperaat om sy band met Junior te herbou. Manny neem vir Tillie op ’n uitstappie.

Maandag, 20 Januarie

Ronnie maak ’n voorstel aan ’n universiteitsvriend wat Everlasting kan red. Fabian belowe vir Warren hy sal Gloria op haar plek hou. Louis is bekommerd oor sy matriekuitslae.

Dinsdag, 21 Januarie

Louis deel slegte nuus met Erica, terwyl Junior, Amber en Shakiel hul prestasies vier. Gloria en Kevin beraam ’n plan. Manny is kinderlik opgewonde oor Tille se uitnodiging.

Woensdag, 22 Januarie

Christine wil die Louws van die plaas af jaag. Hazel en Junior besef hulle moet verantwoordelikheid vir hul dade neem. Louis vertel Amber dat hy en Shakiel gaan opbreek.

Donderdag, 23 Januarie

Ronnie werk hard om die plaas te red, maar gaan hy slaag? Louis se woede laat hom slegte besluite neem. Manny het ’n nuwe plan om Tillie se hart te wen.

Maandag, 27 Januarie

Louis word uitgeskel. Manny maak homself kwesbaar aan Tillie. Beeno bring weer die idee van ’n huwelik met Gloria op. Dis oesdag op Everlasting.

Dinsdag, 28 Januarie

Christine vertel vir Tyler dat sy ’n troefkaart in haar mou het. Junior besluit om weer te begin dans. Tanne steel Fabian se foon. Beeno vra Gloria om te trou.

Woensdag, 29 Januarie

Christine is vasbeslote om momentum terug te wen. Gloria vertel Kevin van die verlowing. Junior keer terug na sy dansklasse, in sy rolstoel.

Donderdag, 30 Januarie

Tanne lê op Fabian se rug oor die werk wat hy gesê het hy kan reël. Sylvia hou Junior se vordering dop gedurende die dansklas. Josephine gee Christine ’n ultimatum. 


Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies