Menu terloops
In Sepies [28 Jun 2024]

Jou ‘Skemergrond’-gids vir Julie 2024


Ons ontmoet die mense van Gemoedsdrif, en sommer in die eerste episodes is daar reeds nuwe romanse, ’n bakleiery en iemand se verlede wat kom spook. Dít en nog meer is waarna ‘Skemergrond’-kykers in Julie kan uitsien. Hier is ons handige kykgids.

Jou ‘Skemergrond’-gids vir Julie 2024

Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Skemergrond kan verwag.

Maandag, 1 Julie      

Jasmine worstel met haar emosies as sy ’n ou brief lees en steek dit weg van JP. Hazel en Ronnie het ’n argument en dit ontstel Junior. Abel is geïrriteerd dat Erica Jasmine bo haar eie familie prioritiseer. Christine vra haar pa uit oor Jasmine Louw.

Dinsdag, 2 Julie       

Christine probeer om nog inligting uit Hendrik te kry. Abel gee liefdesraad aan Kevin, maar dinge loop skeef. Hazel is ontsteld wanneer Jasmine vir Lily in ’n gesprek opbring. 

Woensdag 3 Julie       

Kevin kan steeds nie wegbly van Gloria nie. Hazel is gefokus op die partytjie, terwyl arme Ronnie moet smeek vir ’n bietjie aandag. Christine arriveer in Gemoedsdrif en aanskou iets interessants.

Donderdag, 4 Julie       

Die Louw-familie is in stukke ná skokkende nuus. Gloria en Kevin geniet hul afspraak, terwyl Fabian woedend is vir sy suster. Hazel en Erica het ’n hewige argument oor Lily.

Maandag, 8 Julie   

Die Louw’s maak almal reg vir Jasmine se terugkeer. Christine vis by Erica om meer oor Jasmine se besering uit te vind. Abel is gefrustreerd dat niemand sy bydrae tot die plaas erken nie. Christine kry slegte nuus.

Dinsdag, 9 Julie   

Kevin en Gloria geniet hulle eerste romantiese afspraak. Jasmine se obsessie met Lily maak Hazel seer. Christine trap op Erica se tone wanneer sy die Louw’s beledig.

Woensdag, 10 Julie    

Kevin en Gloria spandeer al hoe meer tyd saam, en Kevin ontmoet vir Fabian. Hazel ontdek dat die plaas in finansiële moeilikheid is. Christine kry ’n onaangename verrassing. 

Donderdag, 11 Julie       

Fabian is ontsteld wanneer hy uitvind van Gloria se afspraak met Kevin. Jasmine is duidelik in meer pyn as wat sy voorgee. Christine vind nóg briewe tussen Hendrik se besittings.

Maandag, 15 Julie      

Die Louw’s neem ’n belangrike besluit oor hulle geldsake. Fabian kelder Gloria se planne om Gemoedsdrif te besoek. Christine probeer Abel se vertroue wen. ’n Nuwe gesig daag op in die dorp.

Dinsdag, 16 Julie       

Patty ontmoet vir Erica en Manny en word dadelik aangestel as die hotel se nuwe sjef. Abel deel al hoe meer met Christine. Gloria geniet haar dag ten volle, maar dan loop dinge skeef. 

Woensdag, 17 Julie         

Kevin wil vir Gloria gaan sien, maar Fabian staan in sy pad. Manny en Erica beplan ’n nuwe partytjie vir Jasmine. Abel is in ’n toestand oor iets wat Jasmine noem.

Donderdag, 18 Julie       

Fabian en Kevin raak handgemeen met mekaar en dit het ernstige nagevolge. Almal kom bymekaar om Jasmine te vier. Abel is toenemend gespanne en dinge raak te veel vir hom.

Maandag, 22 Julie       

Die Louw’s en die Pienaar’s se lewens is omvergewerp ná ’n voorval. Kevin en Gloria groei verder uitmekaar ná die bakleiery. Fabian sweer wraak teen Kevin. Patty en Ruan het ’n oog op mekaar.

Dinsdag, 23 Julie      

Fabian en sy skurke is steeds op soek na Kevin. Ragel vind per ongeluk Jasmine en Hendrik se geheime briewe. Manny probeer uitvis oor Patty se verlede, maar sy skop daarteen. 

Woensdag, 24 Julie           

Ruan en Patty leer mekaar beter ken ná ’n rooftog. Die Pienaar’s is besig om begrafnisreëlings te tref. Sal Gloria betyds wees om Kevin te red? Fabian bevind homself in ’n groot penarie.

Donderdag, 25 Julie         

Ruan maak die lewe nóg moeiliker vir Fabian. Gloria sit haar voet neer en dwing respek af. Christine sit Tyler op sy plek. Patty probeer dringend uit Gemoedsrif kom. 

Maandag, 29 Julie           

Gloria se hart is gebreek ná Kevin se dade. Die Louw’s ondersteun die Pienaar’s op hulle moeilike dag. Christine is weer lastig en probeer inligting by Ragel kry. ’n Onverwagse inwoner maak ’n verskyning.

Dinsdag, 30 Julie                 

Kevin is oortuig dat dinge verby is tussen hom en Gloria. Almal is geskok wanneer die onverwagse inwoner opdaag en die gemeenskap reageer verskillend daarop. Christine besin oor ’n moontlike nuwe informant.

Woensdag, 31 Julie         

Gloria is rasend van bekommernis oor Fabian. Hazel vra Junior om hulp, maar hy is huiwerig. Erica is bekommerd oor hul toekoms op Everlasting. Ruan probeer moed bymekaar skraap om Patty uit te vra.


Skemergrond is vanaf 1 Julie 2024 om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit sal ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar wees.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies