Menu terloops
In Wat om te kyk [26 Jul 2024]

Jou ‘Skemergrond’-gids vir Augustus 2024


Hazel en Lily sit nie om dieselfde vuur nie en Jasmine probeer net vrede maak… Dít en nog meer is waarna ‘Skemergrond’-kykers in Augustus kan uitsien. Hier is ons handige kykgids.

Stroom aanlyn

Jou ‘Skemergrond’-gids vir Augustus 2024

Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Skemergrond kan verwag.

Donderdag, 1 Augustus

Hazel raak agterdogtig wanneer Christine uitvra oor die plaas se besigheid. JP is ingenome as hy sien Amber raak al hoe meer betrokke by die plaas. Ruan vra Patty uiteindelik uit, maar gaan sy ja sê?

Maandag, 5 Augustus

Erica se afkeur in Christine groei. Lily is bekommerd dat Amber en Louis al nader aan mekaar raak. Ruan en Patty deel ’n hartroerende oomblik.

Dinsdag, 6 Augustus

Hazel maak nie ’n geheim daarvan dat sy bedreig voel deur Lily nie. Kevin se liefdeslewe tref nog ’n slaggat. Patty kry ’n brief wat haar dag maak, tot Erica alles kompliseer. Abel se dood het frustrerende nagevolge.

Woensdag, 7 Augustus

Warren en Fabian besluit om vir Kevin ’n les te leer. Lily gee vir Amber toestemming om by die plaaslike hoërskool aan te sluit. Christine se sjarme teenoor Kevin skep agterdog in die kantoor.

Donderdag, 8 Augustus

Gloria vind uit oor Fabian se optrede, maar is dit te laat? Louis ondersteun Amber ná ’n slegte skooldag. Christine probeer nader kom aan Erica, maar sal Erica dit toelaat?

Maandag, 12 Augustus

Lily probeer weer regmaak met Hazel. Jasmine vra vir Erica om Christine ’n kans te gee. Manny gee vir Ruan advies met betrekking tot vroue.

Dinsdag, 13 Augustus            

Christine en Elaine hou aan koppe stamp. Amber probeer by Hazel uitvind hoekom sy en Lily nie oor die weg kom nie. Gloria ignoreer steeds vir Fabian. Erica gee vir Kevin ’n harde tyd.

Woensdag, 14 Augustus

Gloria probeer dinge regmaak met Kevin, maar gaan hy byt? Christine hoor daar is gerugte oor haar en Tyler. Louis en Amber groei nog nader aan mekaar.

Donderdag, 15 Augustus

Elaine probeer meer inligting uitvis oor Christine en Tyler. Amber bewonder Hazel en JP se verhouding. Lily is ontsteld wanneer sy hoor Amber is by die Pienaar’s vir aandete. 

Maandag, 19 Augustus

Kevin en Gloria sit hulle ‘Gatsby-oorlog’ voort. Elaine vermoed dat Tyler en Christine ’n verhouding het. Lily is ontsteld dat Amber so baie tyd met die Pienaars en Hazel deurbring.

Dinsdag, 20 Augustus

Christine sit haar voet neer by Atikins Affairs. Amber en Lily bly vassit oor die plaaslewe. Kevin word Kaap toe genooi vir vis en tjips. Gloria konfronteer eindelik vir Fabian oor sy dade.

Woensdag, 21 Augustus

Gloria maak ’n aankondiging wat groot genot vir Kevin bring. Elaine se finansiële probleme word duidelik, terwyl Amber nóg grawe oor Lily en Ruan se verhouding.

Donderdag, 22 Augustus

JP se sakhorlosie verdwyn spoorloos. Amber en Louis neem hul verhouding na die volgende vlak. Jasmine wil vrede bewerkstellig tussen Lily en Hazel. Kevin gee vir Gloria ’n geskenk en dit maak Fabian woedend. 

Maandag, 26 Augustus

Fabian wil op ’n slim manier van Kevin ontslae raak. Patty bring die middag deur op Everlasting saam met Lily. Christine raak al hoe meer agterdogtig oor Elaine en Floral Dreams. 

Dinsdag, 27 Augustus

Fabian konfronteer Gloria oor Kevin en die beloftering. Amber bieg aan Louis sy dink Ruan is dalk haar pa. Ruan besef hy weet nie eintlik baie oor Patty nie. Ragel sien Amber en Louis soen.

Woensdag, 28 Augustus

Manny stook inwoners op teen die dief. Elaine waarsku Tyler dat Christine hom net gebruik. Ruan wil hê Patty moet oopmaak teenoor hom. Christine maak al hoe meer inligting oor Elaine bymekaar. 

Donderdag, 29 Augustus

Louis en Amber is beide ontsteld ná Erica die leviete voorlees. Fabian beraam ’n nuwe plan teen Kevin. Patty voel skuldig oor haar leuens.


Skemergrond is vanaf 1 Julie 2024 om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit sal ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar wees.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies